Geverifieerde Resensie
Port Alfred
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Alfred bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 259 resensies.
"'n Baie groter dorp as wat ek te wagte was. Daar is 'n baie goeie voëlgids vir die besondere voëllewe."
"Besoek beslis Bathurst, seker so 15 km vanaf Port Alfred, dan is daar ook die grootste pynappel in die wêreld wat 'n besoek werd is. Moenie te veel in Port Alfred verwag anders as om net lekker rustig te verkeer nie. Die marina is ook mooi ek dink 'n uur toer op die Kowierivier is ook die moeite werd."
"Nabygeleë dorpie Bathurst moet beslis besoek word - die Groot pynappel, Pig & Whistle restaurant en Toposcope."
"Sunshine coast is the best with cool sea breeze. I recommend for anyone who needs tranquillity and rest to come to this unspoilt beach."
"Lekker dorp, met swemstrande en lekker restaurante. Ek kon elke dag gaan draf en veilig voel. Dis ook nie te ver nie dan kan mens die 3 Susters gaan kyk, of na Kenton on Sea toe gaan. Als wat mens nodig het is daar - selfs 'n roomyswinkel by die strand!"
"It's a very beautiful place to visit and you get friendly individuals willing to help around the town."
"It's a small town with friendly people. It was a holiday worth repeating in the future."
"Ek het grootgeword in Port Alfred en omgewing en dit was heerlik om my ou tuisdorp weer te kon besoek. Die dorp is netjies en ou geboue is opgeknap. So lekker om te kon sien dat dinge onderhou word en nie tot niet gaan nie. Ongelukkig was dit slegs 'n kort besoek."
"Port Alfred is a super holiday destination with stunning views and beaches."
"Dit sal wonderlik wees as al die padwerke afgehandel is en ook van die paaie in die dorp opgeknap word. Die pragtige dorp sal nog meer toeriste trek."
"Die Spar en Pick & Pay en Woolworths het alles wat mens nodig het. En 'n besoek aan Bathurst is 'n heerlike uitstappie. Buite seisoen is die restaurante baie stil. Daar is 'n juweeltjie met die naam Fish, waar vars vis, vis samoosas en viskoekies gekoop kan word. Pragtig skoon met puik diens. "
"Hulle is besig om baie van die ou strate op te knap en vernuwe. Beslis 'n sekere vakansieplek. "
"Stil, rustige plekke wat baie mooi is met vriendelike mense en mooi strande in die omgewing."
"Besig met mooi infrastruktuur ontwikkelinge, maar nog onversorg in die dorp en omgewing."
"Daar is 'n groot behoefte vir goeie vulstasies met netjiese toilette en restaurante in die omgewing."
"Beautiful sea view, everything that you need is just close by, security is always visible no need to be scared of anything. Boat ride is amazing and affordable too, my children won't forget that place."
"Dit voel half onregverdig dat die gewone mens nie toegang het tot die pragtige Marina nie - hoekom net vir die selected few? Daar kan gerus meer eetplekkies op die strandfront of by die Pier wees."