Verified Reviews
Nieuwoudtville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieuwoudtville
Rated 4.6 out of 5 based on 160 reviews.
"We got there too early for the Spring flowers. The day we arrived it was overcast and raining, despite that we still had a good time."
"Almal, gasvrou en restaurant eienaar en winkellier, was baie vriendelik en behulpsaam met inligting oor waar ons blomme sal kry. Ek beveel Die Nedersetting aan vir heerlike etes - die lamsbord was 'n fees!"
"Hier is 'n lekker klein gemeenskap met vriendelike mense. Ons het lekker kermis met die plaaslike kerk gehou so tussen die blommekyk."
"Blommeprag. 'n Omgewing om te besoek in die laat winter/vroeë lente. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Nieuwoudtville is die hartland van die blommeskatkis en elke erf is oortrek met blomme en lelies. Van hier af kan jy maklik in elke rigting die blomme rykdom bereik en beskou. Die jaarlikse mark in die kerksaal is ook die moeite werd om te sien. "
"Die heel beste blomme van die hele toer het ons in Nieuwoudtville gesien en die lekkerste kos by Matjiesfontein geëet! Asook die heerlikste pannekoek by die toeristeburo!"
"Blommetyd is Nieuwoudtville 'n moet vir enige blomkyker. Ons het die watervalle met heelwat water baie geniet. Doen aankope van kos en ander gebruiksgoed voordat jy Nieuwoudtville besoek."
"A magical flower destination. We were there in August and saw an amazing variety of flowers and bulbs. The light meals provided in the local church hall during flower season are delicious and economical. A number of accommodation choices are available to suit all needs."
"Ons was baie gelukkig om hierdie jaar 'n fantastiese blomseisoen te beleef met ons besoek. Die kokerboomwoud is 'n moet om besoek by af te lê, asook die Kerk in die dorp."
"Pragtige blomme, ons was bederf met die mooiste blommevertoning!"
"Die kerk is 'n besoek werd, maar beslis nie die motorfietsmuseum nie. R20 toegang om tussen vuil motorfietse in 'n donker werkswinkel rond te kyk was nie die geld werd nie."
"Hulle inligtingskantoor en hulle gemeenskap basaar en pannekoek is heerlik."
"Nieuwoudtville has everything a nature lover can ask for. Unspoiled beauty and friendly people."
"Die meeste mense in die groep is/was Nieuwoudtvillers en dit was heerlik om weer die lekker vroeë vars lug en rustigheid te kon in asem."