Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 530 resensies.
"'n Pragtige juweel van 'n dorpie wat baie meer bied as net die Uilhuis. Stap deur die strate, ry op die donkiekar en geniet alles wat die dorp bied."
"Interessante, rustige dorpie. Paaie in dorp kort beslis aandag. Word sterk aanbeveel vir die wat hart en siel wil herlaai. Dorp sal baat vind met apteek of kliniek vir noodgevalle."
"Die grondpaadjie was bietjie meer vir vierwiel-aangedrewe voertuie, maar alles wat so mooi en outentiek is, laat jou gou daarvan vergeet."
"A place to come back to for sure. Who needs expensive spa's when there is Nieu-Bethesda?"
"Dit was 'n verrassende lekker kuier. Jy moet minstens 2 nagte bly sodat jy genoeg tyd het om alles te besoek, tee of 'n bier te gaan drink en dan by elk van die verskeie restaurante te gaan eet. Voorwaar een van daardie plekke wat ek weer sal gaan kuier."
"Wat 'n wonderlike klein dorpie. Na 'n baie lekker seevakansie stem ons gesin saam dat Nieu-Bethesda die hoogte punt van ons vakansie was. Sal beslis vir langer daar gaan kuier."
"Loved this beautiful little Karoo town. Definitely worth a visit and recommend spending a few nights to fully explore the town!"
"Nieu-Bethesda is 'n magiese dorpie, en ons sal beslis volgende keer meer tyd daar spandeer."
"Dorpie was lekker besig met die Owl Route-fietsrybyeenkoms. Daar is genoeg kroeë en restaurante om na almal om te sien. Daar is nie'n OTM of 'n vulstasie nie, en op sekere plekke is die sein vir Vodacom swak."
"Sondagoggend - presies 1 plek oop vir ontbyt, uit die 5 beskikbare fasiliteite? Miskien afseisoen!"
"Pragtige weggesteekte juweeltjie in die berge. Maak tyd om ten minste 'n dag daar te spandeer."
"Plek wat besoek moet word. Slaap twee nagte oor. Jy het minstens 'n hele dag en 'n bietjie nodig om alles te beleef en te sien."
"Baie nice plek en deel van ons geskiedenis! Altyd 'n besoek werd!"
"Very cute town with great atmosphere. People are vey friendly."
"Absolutely, a definite destination for anyone interested in South African places of interest."
"Ongelukkig kan ons sê - "been there, done that". Ons sal die dorp nie weer besoek nie, maar dit was 'n aangename ondervinding om die Uilhuis te beleef."