Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Namaqualand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1086 resensies.

Namakwaland

Verbe Farm - Letjie's House

"Dit was my eerste besoek aan die Namakwaland-streek. Dit is pragtig en alhoewel nie baie toeristies nie is dit presies hoekom 'n mens dit kies. Die vriendelikheid van die mense, die natuur skoonheid. Salig. Sal graag wil gaan wanneer die daisies in blom is. "

Namakwaland

Die Anker Gastehuis

"Ons het die Nasionale Park besoek en spesifiek die 4x4-roete al langs die kus gaan ry tot by Spoegrivier se mond, dit is beslis die moeite werd. Pragtige seetonele. Die sand is nogal 'n uitdaging, want dit is baie los. Sal meer kommentaar kan lewer oor Namakwaland wanneer ons die gebied gedurende ons beplande blommetoer in Augustus besoek."

Kamieskroon, Namakwaland

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Veilige en oulike dorpie met vriendelike mense."

Springbok, Namakwaland

Springbok Apartments

"Springbok is 'n uitsonderlike en unieke bestemming, veral as die blomme mooi lyk mag jy dit nie mis nie. Dis 'n bucket list-bestemming."

Springbok, Namakwaland

Kleinplasie Guesthouse

"Die plekkie so tussen êrens en nêrens, die mense is so vriendelik en het ons omtrent ooreet. Baie lekker kuierplek. "

Springbok, Namakwaland

Springbok Apartments

"'n Pragtige dorp tussen die koppies. Dis die moeite werd om te besoek binne sowel as buite die blommeseison. En as jy honger is, gaan vir die Tauren-restaurant. Dis is karaktervolle restaurant met 'n uitstekende spyskaart en billike pryse, en die kelners is die beste wat ek nog beleef het."

Springbok, Namakwaland

Daisy Country Lodge

"Interessante toeristebestemming."

McDougallsbaai, Namakwaland

Richtersveld Experience Lodge

"As jy hou van 'n baie "relaxed" omgewing en mense, gaan gerus. Uitsig oor die baai is verrassend mooi in kontras met die landskap waardeur mens ry om daar te kom. "

Namakwaland

Okiep Country Hotel

"Ongelooflik. Sal weer kom as die Namakwaland in blom is."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"Verassend! Sal die plek aanbeveel."

Springbok, Namakwaland

Nama White Guesthouse

"We liked Springbok from first sight. It is a real oasis in the desert with good infrastructure. It's a secure, friendly little town."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"McDougallsbaai is 'n moet vir enige Suid Afrikaner en toeris wat ons land besoek - dit is 'n absolute juweel wat 'n persoon terugneem na hoe om te rus en skoonheid in sy suiwerste vorm te ervaar. Dit gaan moelik wees om weer so n vakansie gevoel op n ander bestemming te ondervind. Die mense is vriendelik en opreg en die diens waar ook al ons gegaan het was besonders. Mooi in sy mooiste vorm! "

McDougallsbaai, Namakwaland

Peaceful Place

"Very neat and beautiful sea views."

Springbok, Namakwaland

Undulata Country Lodge

"Een van die oulikste en mooiste dorpies wat ons in 'n lang tyd gesien het. Net jammer ons kon nie Springbokvleis geëet het nie."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"Dit is 'n heerlike plek om weer rustig te word."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"Die SPAR op Port Nolloth het voorraad, maar maak vroegerig toe. "

Springbok, Namakwaland

Kleinplasie Guesthouse

"Lekker om van Springbok as basis die streek te verken. 'n Netjiese dorp met goeie fasiliteite."

McDougallsbaai, Namakwaland

Richtersveld Experience Lodge

"McDougallsbaai is 'n pragtige vakansiedorpie. Die woonstelletjie waarin ons gebly het is baie klein, maar was voldoende vir een nag."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"Die water-voorsiening is beslis onder druk gedurende Desember. "

Springbok, Namakwaland

Springbok Apartments

"Wat 'n pragtige dorpie. Beslis 'n plekkie om langer as een nag te vertoef."

Springbok, Namakwaland

Springbok Inn

"Interessante plek om Namakwaland se natuur en kultuur te bewonder."

Springbok, Namakwaland

Kliprand Guesthouse

"Besoek gerus Springbok."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Pragtige plek wat baie besig kan raak, maar die mense is uiters vriendelik en hulpvaardig."

Namakwaland

Jakkalswater Gasteplaas

"Natuurskoon na ons hart. "

Namakwaland

Okiep Country Hotel

"Ons het die rustigheid geniet. Buiteseisoen is daar nie baie bedrywighede nie. 'n Hele paar van die plekke op ons lys was toe by Van Rjinsdorp en Garries. Op Citrusdal was dit moeilik om op Sondagaand 'n eetplek te kry. Fryers Cove was nie Vrydagaand oop nie en ons moes 17:00 omdraai om 'n ander eetplek op Doringbaai te gaan soek tydens binneseisoen. Ons het nogtans sowat 80% kon doen wat ons beplan het en dit was die moeite en die afstand werd."

Kamieskroon, Namakwaland

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Klein dorpie in die middel van Namakwaland met uitsonderlile natuurskoon."

Namakwaland

Verbe Farm - Letjie's House

"Namakwaland is beeldskoon. Ek wens ek was 'n Namakwalanner! Hehe, wil iemand van Namakwaland nie my asb. aanneem nie?"

Blad
Blad 31 - Wys 901 tot 930
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang