Geverifieerde Resensie
Montagu
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Montagu bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 507 resensies.
"Ons het al baie male in Montagu gekuier, daar is baie mooi slaapplekke. Die inwoners is vriendelik, almal help as jy vashaak."
"Montagu is 'n pragtige dorp. Met ons 5dae besoek was die rose in volle blom en almal se tuine was pragtig met allerhande blomme. Die dorp is báie skoon."
"1ste keer in die dorpie gewees. So bly ons het besluit om 70 km van N1 af te draai na Montagu. 'n Juweel van 'n dorpie."
"Montagu is 'n pragtige dorpie met al die geriewe wat 'n mens van so 'n dorp kan verwag. Die enigste probleem is dat die selfoonseine in die dorp uiters swak is. En ek het beide MTN en Vodacom toegang. Dit het veroorsaak dat ons by inklok nie met ons gasheer kon kontak maak nie en byna het dinge skeef geloop. Ek is van mening dat die dorpsowerhede regtig met die selfoonbase moet in verbinding kom om seker te maak dat die sein sterk en beskikbaar is. Geen of swak kontak kan toerisme baie negatief raak."
"Montagu is just a place, but The Country hotel makes it a destination. I am very happy to have stayed there."
"Quaint pretty town that is very neat with friendly folk. We were greeted everywhere. We felt very safe walking around. Will definitely make a return visit."
"'n Klein Karoo-juweel met heerlike wyn, konfyt, gedroogde vrugte, vleis, interessante winkels, vriendelike mense en 'n veilige, rustige lewensstyl."
"Bly lank genoeg daar om alles te kan ervaar. Pragtige omgewing om in te ontspan."
"We actually lived in Montagu for just over a year and invested there in property purchases. A beautiful historical country town in the Langeberg region. Even though we decided to relocate to George, we will regularly visit our favorite country town of Montagu."