Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.3 out of 5 based on 1218 reviews.
"Alles wat jy benodig is daar en binne loopafstand. Dit is nie so besig soos omliggende plekke nie, maar binne 5 minute is jy op plekke met verskeie opsies."
"We stayed in Shelly Beach which we feel is a better destination that in Margate itself (this is only because we have a young child). Teenagers will prefer the vibe of Margate during the peak seasons."
"Is van plan om in daardie omgewing 'n eiendom te koop. Ek sal enigetyd iemand aanbeveel om daar met vakansie te gaan bly of selfs te gaan woon. Die mense is verskriklik vriendelik en behulpsaam. Rustige area, lieflike see! Pragtige area. "
"Die enigste kritiek wat ek wil lewer is oor die riolering wat (net soos in Hartbeespoort) op die mees ongelëe tye by die pompstasie uitloop. Anders as Hartbeespoort, is die munisipale werkers gou op die toneel."
"Iemand kan dalk maar net bietjie die strand skoonmaak. Daar spoel vreeslik baie seegras en stokke uit, wat dit bietjie ongemaklik maak om daar sambreel op te slaan en die dag daar te spandeer. Verder baie lekker!"
"Ek sou 5 sterre gegee het maar ek was bitter ongelukkig dat Lucien strand nie instandhouding op hulle haainette doen voor die vakansie tye nie. "
"Manaba is sentraal geleë tussen Margate en Uvongo en daarvandaan kan enige bestemming redelik bereik word."
"Great entertainment vir die kinders gewees. Baie geleer oor vis en mense was vriendelik."
"Hierdie was ons derde keer in Uvongo. Ons eerste was ons wittebrood, 14 jaar gelede en so 5 of 6 jaar gelede was ons weer hier. Ons hou baie van Uvongo omdat daar 'n hele paar strande in die nabyheid is en sy eie strand is lekker privaat en nie te besig nie. Geniet dit altyd hier!"
"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "