Verified Reviews
Lydenburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lydenburg
Rated 3.6 out of 5 based on 78 reviews.
"Besondere dorp, maar paaie in 'n haglike toestand soos elders in die land."
"Baie om te sien in die omgewing. Gaan ten minste vir 'n week of langer om al die plekke te besoek. Dis ongelooflik."
"Lydenburg se paaie is verskriklik! Dis nie net potholes nie, maar swak reggemaakte paaie wat onnatuurlike hobbels en gate ook nog in die pad veroorsaak. Maak ook nie saak in watter rigting jy in Lydenburg ry nie, al die paaie is in 'n skokkende toestand. Jy moet maar ekstra tyd vir reis deur Lydenburg bereken, bordjie wat aandui dat jy 100 km/h mag ry, kruip almal teen 40 km 'n uur om net veilig te bly."
"Die swak paaie in die dorp en omliggende area is vreeslik swak. Myn- en landbou-trokke moet liefs nasionale paaie gebruik om goedere te vervoer."
"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."
"Lydenburg is a wonderful place to go to when you want to relax. There are a few things to do while you are there such as Graskop Gorge and God's Window which are both beautiful."
"Die pad tussen Dullstroom en Lydenburg kan regtig opgegradeer word. Die potholes is baie gevaarlik. Daar is ook te veel potholes in Lydenburg self. Mens moet maar mooi kyk waar en hoe jy ry. Jaag kan jy beslis nie."
"Watch the potholes on the Lydenburg-Dullstroom road, they have become horrendous!"
"Tipiese plattelandse dorp waar die munisipaliteit die plek toelaat om te verwaarloos. Baie jammer!"
"Daar gaan nie vreeslik baie in Lydenburg self aan nie, maar dis 'n goeie basis vanwaar beide Dullstroom sowel as die Panoramaroete verken kan word. Die Sterkspruit Natuurreservaat en die kort staproete na die waterval is 'n hoogtepunt."
"I am giving 5 stars as the roads are busy being upgraded, the town itself is neat. We went to visit friends and do the heritage walk/cycling which also made the weekend a great break away. As mentioned before - it was worth the trip!"
"Lydenburg is in pragtige omgewing geleë. Die dorp self bied nie veel meer as inkopies en 'n paar bekende restaurante nie. Mens moet uitry en verken. Gelukkig is die meeste plekke (Dullstroom, Pelgrims, Sabie) binne 60 minute bereikbaar. Hobs Hollow is 'n oulike kuierplek en die uitsig vanaf die radiotoring is asemrowend."
"Het net oorgeslaap. Kan ongelukkig nie regtig kommentaar lewer oor dorp of wat daar in die omgewing te doen en sien is."
"Vanuit Lydenburg is het redelijk eenvoudig om alle hoogtepunten te bereiken, zoals de drie rondavels en diverse watervallen."
"Baie klein dorpie. Dink die omgewing is baie nice vir diegene wat sport (fietsry, hardloop etc) wil doen. Naby Dullstroom, wat 'n lekker kuierplekkie is, en dan ook naby Sabie, Hazyview vir die wat hou van natuur. "
"The town was not as I remembered it from 15 years ago. The roads is falling apart, and half of the traffic consists of heavy transport vehicles and trucks. Still the staff in the shops was very friendly and helpful. The citizen of the town made us feel welcome everyday. "
"Die potholes is nogal erg, so indien mens 'n bakkie het is dit beter om daarmee te reis. Die pad na Sabie was heel goed gewees. "