Verified Reviews
Lowveld
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lowveld
Rated 4.2 out of 5 based on 515 reviews.
"Die uitsig vanaf bo-op die mynhoop is fantasties. Ons het lekker by een van die restaurante geëet. "
"Being an ex member of the SADF based in 7 SAI, I was a bit disappointed with the way it had deteriorated in 30 years."
"Ons is afkomstig van Phalaborwa. Het al vorige kere nodig gehad om nood-akkommodasie te reël naby Tzaneen Medi Kliniek. Die Stables is die ideale opsie vir 'n onvoorsiene geleentheid."
"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."
"Ek is mal oor Dullstroom en Sabie. Hierdie was ons eerste besoek aan Haenertsburg en ek is eerlik as ek sê ons wil daar gaan bly! Die groot rede is omdat dit nog baie plattelands is en nie so gekommersialiseerd is soos die ander twee nie. Selfs die begrafplaas is mooi."
"Die waterval was ook asemrowend en definitef die besoek werd en teen R10 per person is dit oor en oor die moeite werd! Ek moet net my onsteltenis uitspreek oor die groot Boabab boom wat nou nie meer heel is nie. Ons is baie vinnig begroet vir ons R25'e maar daarna was daar geen personeel of bestuur in sig nie. Die webtuiste laat jou glo dat jy n "koue drankie" kan geniet wat glad nie die geval is nie. Ek voel mense moet ingelig word van die werklike stand van sake asook die toestand van die boom en dat die R25'e om die boom te besigtig onnodig is. "
"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."
"Dis baie rustig met 'n keuse van goeie eetplekkies in en om die natuurdorpie. Die winkelsentrum lawaai baie, bly weg! "
"Loer gerus in by Haenertsburg op pad George's Valley toe. Na Heanertsburg kry 'n mens ook eers die Debengeni-watervalle. Pasop wel vir bloedsuiers in die water! Hulle is baie klein en daar is baie van hulle! Sies!"
"Pragtige dorp met goeie besighede. Die omgewing is van die mooiste in ons pragtige land, en daar is 'n verskeidenheid van ontspanning en besigtiging beskikbaar."
"'n Wonderlike onontginde toeristedorpie wat geen tree hoef terug te staan vir Dullstroom of Pelgrimsrus nie met heerlike eetplekke in die dorp, maar ook in Magoebaskloof omgewing; en natuurlik verruklike natuurskoon!"
"Tzaneen is pragtig, alhoewel dit teleurstellend was dat álle besighede en ook supermark, selfs die Spar, Checkers, Food lovers market, ens. toe was na 3 Saterdag middag."
"Ken nie Tzaneen so goed nie, maar maak gerus 'n draai by Corner House in die middedorp. Gasvrye mense en kos heerlik."
"Ons is besig met groot beplanning vir werkskepping vir werkloses deur klein boerderye, asook die moontlikheid van 'n universiteit."
"Was aangenaam verras, aangesien dit my eerste besoek aan Phalaborwa was. Oulike dorpie, en ek kan verstaan hoekom hul finalis was in Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie. "