Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1024 reviews.
"Isabellas in die hawe het die beste seekos, vriendelike diens en goeie waarde vir geld. OK Foods was baie indrukwekkend. Skoon en ietsie van alles. Die locals is almal vriendelik en het ons baie welkom laat voel."
"Moet sê Lambertsbaai was in die middel van 'n plaaslike verkiesing so dit was nie baie aangenaam nie."
"Lambertsbaai het erg agteruit gegaan. Van die geboue is baie verwaarloos. Ons het gereeld besoeke afgelê, maar sal eerder verby ry."
"As dit nie vir die Muisbosskerm was nie, sal ek dit glad nie aabeveel nie. Die dorp is verwaarloos, die strate is vol slaggate. Die dorp het baie baie agteruitgegaan na ons vorige besoek & ek twyfel of ons dit ooit weer sal besoek. Plumpie vir die mense by die garage waar jy ook jou vuil klere kan laat was en weer dieselfe dag terug kry. Skoon, opgevou en gestryk."
"Sad to say, but whilst the accommodation was excellent and faultless, Lamberts Bay was the "low point" of our trip."
"Plek is baie rustig, stil, wonderlike, kalm atmosfeer. Genotvol. Wil weer kom, te lekker."
"Persoonlik sal ek nie weer Lambertsbaai toe gaan nie. Dis maar net my voorkeur."
"Lambertsbaai is 'n rustige dorpie, waar jy die Voëleiland en alle mooi restaurante kan gaan besoek."
"Lambersbaai is die heel beste toerismebestemming. Ek beveel ons selfhelp plekkies aan met groot liefde."
"Lamberts baai het vir my so beïndruk dat ek gou weer sal gaan kuier. Dit is beslis die moeite werd om te gaan verken en oor te slaap. Die museum is 'n absolute moet. Die hawe-restaurant is 'n nommer een."
"Baie rustig en veilig. Die mense is ook baie vriendelik en behulpsaam. Die kos by die eetplekke is puik. Geen bedelaars wat mense lastig val nie."
"Dit is 'n baie mooi dorpie langs die see, definitief 'n moet-sien plek."
"Stil, rustige kusdorp met 'n lekker restaurant (Isabella) - selfs in die blommetyd."
"The decline in the general economy, compounded by the pandemic will be felt for a long time to come - however a place such as Lamberts Bay will remain a sought after location - persistent affordable, good and friendly service is key to maintaining visitor numbers."