Geverifieerde Resensie
Kroonstad
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kroonstad bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 112 resensies.
"My eerste keer in Kroonstad. Het nooit besef die dorp is so groot en goed bestuur nie. Baie netjiese winkelsentrum naby met alles wat ons nodig gehad het vir braai."
"Sal graag die militêre installasies weer wil besoek, ná 40 jaar gelede se diensplig."
"Vir my is Kroonstad net 'n oornagplek op pad terug van besoeke aan familie en vriende aan die Oos-Kaap en Wes-Kaap se kusgebiede."
"I would only go to Kroonstad if I had a specific reason - but I did find the people to be very friendly."
"Strate vreeslike slaggate. Load shedding heeltyd terwyl ons daar was, elektrisiteit selfs buite load shedding af."
"Die gate in die paaie gee 'n wrang smaak in 'n mens se mond veral as jy daar opdaag met 'n voertuig wat meestal geskik is vir 'n hoofweg."
"Dit is 'n vriendelike, Afrikaanse dorp met juwele om te ontdek en funksies en markte wat gereeld plaasvind."