Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 341 reviews.
"Na hierdie jaar se besoek is ek minder positief oor Kleinmond. Die wind het knaend elke dag gewaai en meeste dae baie sterk. Ek is 'n fietsryer en het 'n fiets saamgeneem, maar die wind het my fietsryery baie belemmer."
"Het 'n lang verbintenis met Kleinmond ─ vriendelike mense, altyd plek vir nog, heerlike weer. Ervaar die mooie natuur en net nog een van ons mooi land se pragtige kusstreke. Naby die stad en 'n besoek aan die omliggende dorpe is baie gemaklik binne 'n bestek van 20 tot 45 minute is jy waar jy wil wees. Daar is soveel besienswaardighede in die omgewing. Waarde vir geld, nee wat regtig 'n plek om te gaan vakansiehou."
"Ons het die kuswandelpad gestap. Dit was 'n heerlike uitstappie. Die uitsig is wonderskoon. Kleinmond kan ook die wandelpad beter bemark en veral aandui dat die wandelpad nog ver aangaan vanaf die hawe Kaap se kant toe."
"Die pragtigste plek om te besoek, baie beïndruk met Kleinmond, nie gedink dit is so 'n pragtige vakansieplek nie. Glo elke inwoner geniet hul verblyf daar. Almal is vriendelik en behulpsaam."
"Many restaurants are closed during the evening or on certain days of the week, which is inconvenient. We were there during the low season, so maybe things are more active during peak season. The beach is very nice and worth the walk, and the Harold Porter Nature Reserve is worth a visit (despite the recent fire devastation)."
"Oulike plek met gematigde klimaat. Net reg vir die binnelanders wat kus toe wil kom!"
"Met ontvangs het ons onmiddellik tuis gevoel die area is baie veilig en huis is baie netjies ons sal enige tyd na dieselfde huistoe gaan. Julle is tops."
"Ons was rêrig aangenaam verras deur Kleinmond. Dis 'n regte vakansiedorpie met 'n strand, lekker eet- en kuierplekkies en 'n lieflike uitsig. Die tipe plek wat mens altyd sal onthou met 'n glimlag."