Geverifieerde Resensie
Kleinmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 341 resensies.
"Baie oulike dorp en winkels, onder andere die gewilde "Blou Bakkie". Hou van hulle gepaste leuse: Ons (die boergemeenskap) bring die plaas na die see."
"Definitief 'n bestemming wat die moeite werd is om te besoek en dis nie te ver van die Kaap."
"Heerlike, toerismevriendelike dorp en asemrowende natuurskoon met die pragtige berge en see."
"Sadly there was no "walking in the fynbos" due to the damage done by the fire. However no one can be blamed for that."
"Kleinmond is so mooi en daar is so baie om te doen. Geniet die winkels by die hawe, veral Oupa se Boekwinkel. Stap langs die see hawe toe en sit op 'n bankie en geniet die uitsig. Emma's vis en chips is baie lekker!"
"Dorpie is klein en beperkte winkels. Verder is dit lekker rustig en veilig om al langs die see te stap."
"Ek persoonlik geniet dit om akkommodasie te bespreek in Kleinmond.Dis nie ver om te ry en ek hou net van die omgewing en die strand daar."
"Kleinmond is a small seaside village jam-packed with things to do for people of all ages and interests."
"Kleinmond het net genoeg uitgebrei om te voorsien in al jou behoeftes maar het nog steeds daardie tipiese seedorp-atmosfeer."
"Verskeie besighede ongelukkig vroeg toe op 'n Saterdag. Pragtige, rustige kusdorp. Ongewenste rondlopers kan problematies raak. Dit moet fyn dopgehou en goed bestuur word."