Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 341 reviews.
"The perfect place to go if you do not want to travel more than an hour from Cape Town."
"Baie lekker dorp met alles. Besigheidsmense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Kleinmond is die ideale vakansie bestemming! Dis by die see met alles wat jy nodig het, gemaklik by mekaar in terme van winkels, restaurante, ens.!"
"Baie mooi dorpie teen 'n pragtige kus. Baie vriendelike en aangename inwoners. Tennis-, rolbaan- en jukskeibane. Baie baby aan ander kusdorpies."
"Kleinmond is 'n tipiese kusdorpie en vir ons (ouer mense) was dit voldoende,maar vir die jonger geslag was dit soms bietjie vervelig. Ek sou dit nie wil verander nie, want dan verander 'n mens die karakter van die dorpie."
"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."
"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."