Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 1958 reviews.
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"`n Karaktervolle wêreld met baie kultuur, geskiedenis, natuurskoon en passievolle mense. "
"Pryse is buitensporig vir Suid-Afrikaanse toeriste en toegangsgelde om sekere besienswaardighede te sien ook buitensporig. Oudshoorn het net die oorsese toeris in gedagte en dink nie aan die Suid-Afrikaner wat ook wil toer nie."
"Pragtige dorp, skoon skoon skoon. Almal, van die pompjoggie tot die restaurantpersoneel, tot die werkers op straat gaan uit hul pad om ons op die hande te dra. Vriendelik en aangenaam. Dit was voorwaar 2 heerlike dae van ontspanning en geniet. "
"Pragtige dorp! Oulike winkels en die nuwe Zipline by die Kango-grotte is 'n moet om te probeer. Heerlik op die stoep gesit en 'n drankie geniet by die restaurant waar Zipline eindig! Vriendelike personeel!"
"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "
"Baie om te doen. Het meer as 2 dae nodig om behoorlik te besoek. Die dorp is baie skoon en mense baie vriendelik."
"Oudtshoorn is 'n dorp wat 'n mens baie maklik kan geniet oor die vriendelikheid van die dorpsmense."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."
"Ons het nie tyd in Oudtshoorn deurgebring nie. Onbekend aan die toeristebestemming."
"Would love to explore the town and will most definitely plan a breakaway soon."