Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 777 resensies.
"Fantastiese, pragtige en skoon vakansiedorp. Ons is definitief in Desember 2023 terug."
"Heerlike vakansiebestemming met so baie om te doen. Wonderlike vuurwerk vertoning gesien reg voor woonstel. Swemstrand voor woonstel. Kan na baie plekkies loop en het altyd veilig gevoel."
"Jeffreysbaai is veilig, skoon, kindervermaak oral en het heerlike kos. Regtig my verwagtinge oortref."
"Pragtige dorp met al die groen stukke so tussen die huise. Mense ook baie vriendelik en mens swem baie lekker in die see daar."
"Ons het baie lekker gebly en die plek is baie skoon en netjies en mense baie vriendelik, sal vir enige iemand aanbeveel."
"Great place, it is a fun destination with lots to do. The roads are in very bad shape and should be redone."
"Jeffreysbaai is 'n baie lekker vakansiebestemming en soveel om te bied van die winkels tot waterpark en strande. Die inwoners is bitter gaaf en so behulpsaam."
"JBay is skoon en mens voel veilig daar. Kan beslis sien wie is aan bewind daar. Strande skoon. Maar eerlik hulle naglewe vir ons universiteitkinders was swak en die restaurante wat so vroeg toemaak is belaglik. Het heerlik by Vismandjie en Trawlers geëet. Vir seker die moeite werd"
"Should open up more local eating places like a takeaway and a few more franchises to give more options to eat out."
"Ons 1ste vakansie in Jeffreys en dit het al ons verwagtinge oortref, jammer net oor ons teleurstelling van die verblyf."
"Aston Bay se strand was fantasties en ook stiller. Jeffreysbaai se hoofstrand was vreeslik besig en ons het onveilig gevoel, ook om ons motor daar te parkeer."