Geverifieerde Resensie
Jacobs Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 434 resensies.
"Dis definitief die mooiste dorpie met die pragtigste sonsondergange en strande/baaie aan die Weskus. "
"Pragtige weskus dorpie. Perfekte wegkom plek, weg van alles en almal. "
"A beautiful place to use as a base for exploring the broader South African west coast. There are no major shops in Jacobsbaai, but West Coast Mall is only 12 km away. If you are in search of some peace and quiet, this is definitely one of the nicest places to find it."
"Die mense is baie vriendelik en knoop sommer vinnig 'n gemaklike geselsie aan om jou tuis te laat voel."
"Maak seker jy koop genoeg en in 'n dorp buite Jacobsbaai. Veral as jy laat daar aankom."
"Ek wil Jacobsbaai eintlik net my geheim hou en nie deel nie, dit is so 'n kosbare plek!"
"Lieflike dorp. Twee baie aangename nuwe restaurante. Jammer om te verneem die Weskusplek het toegemaak. Lieflike dorp om net te gaan stap!"
"Jacobsbaai is pragtig en 'n lekker rustige bestemming. Maak maar voorsiening, want daar is beperkte eetplekke."
"Ek was huiwerig om te positief oor Jacobsbaai te wees, want ek wil mense van my familie se nuwe "hemel op aarde" weg te hou! Ons 2 gesinne wat die huis gedeel het sien uit na 'n terugkeer so gou moontlik. "