Geverifieerde Resensie
Greyton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Greyton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 402 resensies.
"Mooi landelike dorp met 'n baie rustige atmosfeer. Nie verniet dorp van die jaar gewees nie."
"Greyton is well known to us as we have had family who used to live there. Good hiking and other attractions nearby."
"Ons eerste besoek aan Greyton was heuglik en beslis nie ons laaste nie. Die natuurskoon komplimenteer die vriendelikheid en hulpvaardigheid waarmee besoekers ontvang word. Dankie aan die persoon by die petrolstasie wat 'n entoesiastiese dog onvoorbereide bergfietsryer uitgehelp het met 'n valve adapter om 'n wiel te pomp. Dankie aan die natuurbewaarder by die reservaat vir sy insig en interessante gesels. Dankie vir die gemak waarmee dinge gevind kan word. Dit is die klein dinge wat mens dankbaar maak!"
"Many shops with interesting wares. Many restaurants, but average food. Wonderful nature walks though."
"Baie mooi, ou geboue met baie geskiedenis. Volop stap- en fietsryroetes. Volgende besoek kom ons fietse saam."
"Dinsdag toe ons daar kom was meeste restaurante oop, Woensdag met die klein markie was als oop van 10 tot 3 uur. Dit voel na 3 kan jy net drink en eet en daar is nie veel verder om te doen nie. Dalk is die naweke anders. Ons het wel te laat gesien daar is baie stappaaie in die natuurreservaat, sou graag daar wou gestap het."
"Greyton is 'n rustige en vriendelike dorpie. Die Saterdagoggendmark is 'n wenner! Ons het heerlike eetgoed daar gekoop. Plus dit is binne loopafstand van Die Markhuisie af. Daar is oulike winkels en puik restaurante om van te kies. My ideale aftreeplek."
"Lovely village and lovely hikes! Super market on Saturday mornings. Friendly people!"
"Oulike restaurante. Ons kon egter nie veel rondjakker nie aangesien ons honde by ons gehad het. Meeste buitelugplekkies laat hulle wel toe. Pragtige dorpie. Geskiedkundige argitektuur met huise wat baie mooi instandgehou is. Regtig 'n vonds van 'n dorpie. Beter koffie as wat ek al in klein dorpies gehad het. Dis great in Greyton!"
"Altyd 'n wenner - het heerlik gekuier by die Potters Inn, Post Hose en Abbey Rose. Selfs die teater besoek en 'n vertoning gekyk. Rugby by Vanilla Cafe gekyk en die markie op Saterdagoggend stel nie telleur nie."
"Greyton is 'n wonderlike toeristebestemming. Die dorpie is pragtig en die restaurante wonderlik. Die natuurreservaat is skouspelagtig en goed versorg. Greyton se internet is stadig, maar ons verneem dat hulle besig is om vesel-internet te installeer. Ons sal beslis teruggaan!"
"Greyton absolutely lives up to the hype: it's a lovely village, with friendly locals and plenty to do. We somehow fitted a trail run, Saturday market, village walk, art shopping, antiques shopping, dinner (with live music) and an afternoon snooze, all into one day. Greyton will do that to you."
"'n Mens kan vinnig agterkom hoekom Greyton die 'Dorp van die jaar' toekenning gewen het. Die hele gemeenskap is aktief betrokke by die ontwikkeling en bevordering van Greyton. Met sy ryk geskiedenis en die bewaring daarvan sal Greyton altyd mense se aandag lok en besoekers na hom toe aantrek. Hierdie dorpie staan kop en skouers uit bo ander!"
"Greyton is a very warm town but we did get a feel that people of color gets treated differently by some business owners. It is a manageable nuisance."