Geverifieerde Resensie
Erongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Erongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 215 resensies.
"Sal weer wil teruggaan soontoe. Nog baie om te sien en te doen. Pragtige en veilige plek."
"Heerlike, skoon, goedversorgde staproete langs die see 'n groot bonus. Kon veilig alleen gaan stap."
"Wat 'n lieflike plek! Een dag is net heeltemaal te kort. 'n Mens het minstens 'n week nodig! Ons het heerlik gebly!"
"Exceeded our expectations! Loved Namibia and Sandwich Harbour (tour from Walvis) was definitely the highlight! Walvis needs some night entertainment for teens though - a bowling alley or something like that."
"If you need to relax and be away from the noise, I would advise you to book at Walvis and just drive to Swakopmund which I found to be busy. Distance is very short to drive between the 2 areas."
"Langstrand is 'n awesome vakansieplek - sal dit aanbeveel vir enige persoon. 'n Mens voel of jy asem haal. Kids het dit baie geniet in parkie. In die toekoms kan hulle dalk as daar enige feeste aangebied word, beter adverteer. Het net die musiek gehoor, maar van geen feeste geweet nie."
"Wonderlike vakansiedorp. Sal weer en weer gaan. Mense is vriendelik en gesels lekker. Almal gee goeie diens. Ons was nou al 3 keer daar en gaan beslis weer gaan."
"Bly weg gedurende Desembervakansie. Alles is baie duurder as ander tye van die jaar."
"Baie goed. Dit is net noodsaaklik om goed navorsing te doen oor die tyd van die jaar. Vir ons was Desember die beste tyd gewees."
"Swakopmund my gunsteling dorp in Namibië. Goeie restaurante en winkels. Veilige dorp, baie netjies en skoon."
"Oulike kusdorpie met vriendelike mense, maar restaurante kan gerus hulle Desember-diens opskerp. Was by 'n paar plekke waar ons lank vir kos gewag het en kelners vermis was. Veral Misty Bay was 'n teleurstelling."