Verified Reviews
Elands Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elands Valley
Rated 4 out of 5 based on 121 reviews.
"Ons het nie regtig tyd gehad om Waterval Boven te ondersoek nie. Was wel by Krugerhof op Waterval Onder. Die tuin was die mooiste en skoonste wat ek lanklaas gesien het. Die museum was vol inligting en ek het baie geleer."
"Ons was nie in die dorpie self nie, maar die onmiddellike omgewing is pragtig. Het Krugerhof en winkeltjie baie geniet."
"I love Machado as it is one of the most beautiful places in the Highveld and in the country. it has it's own unique features as a home of trout, and I'm proudly a local girl having been born and bred there."
"Alhoewel dit 'n baie ou dorpie is, is daar steeds in en om die omgewing plekke wat die moeite werd is om na te gaan kyk en sommer net lekker te ontspan en rus."
"Dis my tweede besoek in 'n maand, en ek is crazy oor die plek! Het ook Kaapsehoop ontdek wat 'n groot aantrekkingskrag is vir Waterval-Onder, veral toe ek ontdek een van die gastehuise is presies my naam. Wilde perde is amazing. "
"Ons het nie Waterval Boven binnegegaan nie. Aanduidings is dat die dorp doodloop as gevolg van die nabygeleë tolhek (R78 tolgeld). Glo is daar nie meer 'n enkele werkende restaurant in die dorp oor nie."
"Machadodorp het ongelooflike potensiaal. Die huise en kerke is baie mooi, maar die stand van paaie en skoonheid is die dorp se ondergang. "
"Daar moet net genoem word van die tol hek van R78 tussen Waterval Boven en Machadadorp."
"We will be back in the area in a few weeks time, the area seems to be a hidden gem."
"Ek was verbaas dat daar soveel oorde in daardie omtrek is. Dit is ideaal vir oorslaap veral in seisoene wanneer die wildtuin so vol bespreek is. Hulle adverteer net nie genoeg nie. Dit moet in die buiteland ook geadverteer word as dit nie alreeds gebeur nie. Kaapse Hoop word nie genoeg langs die pad geadverteer nie en ook miskien 'n groot bord by die ingang en uitgang van Boven langs die pad sit wat bv. sê Welkom in MPUMALANGA se vakansie oorde ,jou halweghuis na die Krugerwildtuin. Dan 'n lys van die die blyplekke sit met die telefoonnommers langs die naam. Die vakansie oorde kan maandeliks ietsie bydra vir die advertensie."
"Regte plattelandse atmosfeer behalwe dat die nuwe bedeling afbreuk doen aan die toeriste aantrklikheid. Niemand wil "Made in China" produkte koop nie."
"Waterval-Onder het nie veel om te offer as 'n toeriste-bestemming nie, maar daar is baie oulike plekke nie te ver van Waterval-Onder af nie."
"Ons het die volgende oggend gou deur die ou tonnel gestap tot by die waterval. Dit was 'n belewenis. Net jammer die fasiliteite by die tonnel is so verwaarloos en geplunder. Die sekuriteit is egter 'n groot voordeel."
"Uitstekend ingerig vir 'n wye verskeidenheid belangstellings en toeriste."