Verified Reviews
Elands Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elands Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 134 reviews.
"Elandsbaai is 'n baie klein dorpie met baie mooi natuurskoon en ongerepte strande. Vir dié wat wil wegkom van die gejaag en harwar is dit die ideale bestemming. Die mense is vriendelik en alles is binne loopafstand. Daar is winkeltjies wat die nodige voorraad aanhou, maar bring liewers jou eie voorraad saam. Die kinders het dit geniet om te probeer branderplankry en daar is wet suits te huur. Die water kan nie regtig sonder een aangedurf word. Lang ente stap op die strand is 'n moet en dis heerlik om saans die mooi sonsondergange te geniet. Die trein wat gereeld verby gaan pla glad nie en was besonders om te sien en te probeer trokke tel.Al wat gepla het is die verskriklike verwaarlosing en vullis is by die grot. Dis 'n baie rustige bestemming."
"Wonderlike omgewing, rustig met pragtige sonsondergange. Daar is geen plek soos die Weskus."
"Vir mense wat 'n stil vakansie wil gaan geniet of die omgewing wil besoek is dit die ideale plek, maar vir jongmense wat nie kan stil sit nie is dit nie so ideaal nie."
"Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig."
"Elandsbaai is kleiner as wat 'n mens verwag, en des te beter daarvoor. Ons sal dit beslis weer besoek."
"Elandsbaai is 'n pragtige Weskus-dorpie, so as jy wil wegbreek van stadslewe, is dit net die regte medisyne. "
"Ons het hoofsaaklik gegaan om te gaan kreef duik en dit was baie suksesvol. Dis nie 'n baie lewendige dorp nie, maar ons nietemin lekker daar gekuier. Ons het egter gesukkel met die tolpad tussen Lambertsbaai en Elandsbaai. Ons het met die tolpad gery vanaf Lambertsbaai terug Elandsbaai toe, maar toe ons Elandsbaai aankom is ons teruggestuur om met die groot pad te ry."
"Dis rustig en lekke wegbreekplek! Ek sal weer teruggaan en weer van LekkeSlaap gebruik maak."