Geverifieerde Resensie
Die Bult
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Die Bult bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 46 resensies.
"Alle studente wat ek teëgekom het was vriendelik en het my as vreemdeling met respek behandel."
"Aardklop bo! Heerlike kos op die Bult - verskeidenheid vir elke smaak. Die atmosfeer is ongelooflik! Lekker vibe, lekker kos, lekker veilig, sommer net lekker ..."
"Bly dat Aardklop weer terug is op Die Bult; dit gee soveel atmosfeer aan die fees."
"Universiteitsdorp met 'n verskeidenheid eetplekke in die nabye omgewing. Ons kan beslis Café Fiori slegs 'n blok van Huys ten Bosch aanbeveel. Maak seker jy is goed honger!"
"Die Bult het 'n lekker "vibe". Ek was self 'n PUK-student en die Bult is vol skatte en herinneringe!"
"Die Bult is 'n omgewing eie aan studentelewe. Die winkels en restaurante is kreatief met 'n gees van jonkheid. Hiermee saam is daar ook 'n geskiedenis van Potchefstroom met sy akademiese agtergrond wat verskeie besoeke aan jou as toeris bied. Die Bult het 'n karakter eie aan homself; wees bevoorreg en gaan deel daarin."