Geverifieerde Resensie
Colesberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 1685 resensies.
"Net gebruik gemaak as oornagplek en het dus nie verder die dorp en omgewing ontdek nie."
"Colesberg het heelwat gastehuise, maar die ander besienswaardighede is maar min."
"Dink hulle kan beter doen vir toeriste. Moet bietjie gaan kers opsteek by ander provinsies se gastehuise."
"Colesberg het baie om te bied vir oornag op 'n lang roete soos bv. verskeie akkommodasie, vanaf sakpas to duur of luuks; kos, vanaf wegneem tot vriendelike Karoo-gasvryheid en kos, verskeie handelsmerke vir petrol, en sentraal geleë. Verder veilig en voel nie bedreig nie, en geskiedkundige dorpie."
"Sou graag langer wou bly om die dorp te verken. Veral historiese besienswaardighede."
"Ons het 'n heerlike maaltyd by Die Plattelander geniet en goed geslaap op ons halfpad stop na Johannesburg."
"Dit is 'n goed geleë dorp vir oornagverblyf vir gaste wat op reis is na ander bestemming."