Verified Reviews
Chrissiesmeer
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Chrissiesmeer
Rated 4.2 out of 5 based on 27 reviews.
"John Jack Inn is die hoogtepunt van Chrissiesmeer as 'n toeristebestemming. Daar is 'n baie lekker restaurant en Gin Shop op die perseel."
"Klein, oulike dorpie. McClouds het die mooiste beddegoed. Glad nie fasiliteit om kontant te trek nie."
"Hier is nie groot winkels nie, noodsaaklikhede kan by die kafee gekoop word, maar wees maar voorbereid en bring al jou eie goed as jy Chrissiesmeer besoek."
"Chrissiesmeer is 'n baie oulik netjiese klein dorpie. Die mense is baie vriendelik en gasvry."
"The people of the town are very friendly and helpful and hats off to them all for keeping the towns character and history alive."
"Beslis 'n baie oulike dorp. Ek was baie bly om te sien daar is bordjies op met die geskiedenis van die verskille geboue in die dorp. Ons het ons naweek in Chrissiesmeer baie geniet en sal beslis in die toekoms weer daar gaan kuier. "
"Chrissiemeer het baie potensiaal as toeristebestemming pragtige natuur moontlik kan nog paar interessante winkeltjies 'n aantrekkingskrag wees vir die dorp. "
"Mens moet tyd opsy dit om dié omgewing behoorlik te verken en te waardeer. Moet net nie inkopieplekke verwag nie. Dis meer vir natuurliefhebbers opsoek na iets anders as die Groot Vyf. "
"Dit het baie gehelp om met die mense van Chrissiesmeer te gesels en meer van die omgewing te leer ken! Esbie Bezuidenhout woon al 20 jaar daar en het 'n fantastiese kennis van die omgewing en sy geskiedenis. "
"Dit is 'n baie klein en pragtige dorpie, en 'n fantastiese plek om net te gaan ontspan. Baie mooi omgewing, met geen winkels of verkeer."
"Die dorpie het 'n besondere bekoring! Rustig en vreedsaam met die vriendelikste mense!"
"Not a lot going on in Chrissiesmeer but we enjoyed our evening there. The 260+ lakes surrounding the town offer unbelievable birdlife!"
"As jy 'n rustige wegbreek soek, is Chrissiesmeer die regte plek. Ons het eers die oggend van ons vertrek uitgevind dat daar 'n gedenkteken is ivm die vryheidsoorloë. McClouds behoort 'n pamflet saam te stel hiervan."