Verified Reviews
Champagne Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Champagne Valley
Rated 4.8 out of 5 based on 149 reviews.
"Lieflike vallei, met verskeie verblyf- en ontspanmoontlikhede"
"Lekker naby al die berg-besienswaardighede en groter hotelgeriewe as jy wil gaan kuier of lekker eet."
"Uitstekende omgewing met baie te sien en te doen."
"Lovely places to visit, things to see, Drakensburg Boys Choir was an experience on it's own, the whole setting was lovely and it's so beautiful. All the people are very helpful and friendly, it brings you really down to earth. Didn't want to come back, even thinking of buying a little place of our own there."
"'n Fantastiese bestemming. Moenie jou bergfiets vergeet nie!"
"Die roofvoëlvertoning was 'n hoogtepunt. Ongelukkig kon ons nie veel gaan stap nie (my vrou het haar rug beseer kort voor ons vertrek), maar dit het nie veel afbreuk gedoen aan die genot en ontspanning van die vakansie nie. Dit beteken maar net ons moet weer soontoe gaan!"
"It was our first time in the Valley - we enjoyed our visit - our time in the Valley was just too short - will do better planning next year and visit for a longer time. So much to do so little time to do it in. "
"Ons uitsig vanuit die Birdsong Cottage was droomagtig en ons kon sit en staar na buite vir die hele week, maar daar was egter so baie om te doen in die vallei, dat daar baie min tyd vir droom was. Van Westline Aviation se sjampanje stop met hul helikopter bo op die berg, tot die opwindende Drakenspeak Zip lining combo met die kinders (3 en 5 jaar) was definitiewe hoogtepunte. Selfs abseiling is aangedurf. Die "Birds of Prey" se opvoedkundige vertoning by Falcon Ridge kan ook aanbeveel word. Natuurlik was die Drakensberg Seunskoor konsert ook van die hoogtepunte wat ons nooit sal vergeet nie. Birdsong Cottage was binne 15 min se bereik van al die aktiwiteite. Die Valley Bakery was ons gunsteling plekkie om te eet, met vars croissants en hope speelplek vir die kinders."
"We had a great hike up to the Nandis Falls and loved our visit to Falcon Ridge."
"Dit is die mooiste vallei in die wêreld. 'n Skoonheid wat jy nie kan beskryf nie. Eet by die plaaslike koffiewinkel, gesels met die plaaslike mense, leer die vallei ken. Dis enig in sy soort en as dit in jou bloed is, kom jy terug en terug. "
"Beautiful area with lots to do. Despite the rain and grey weather we had a lovely time and would love to come back."
"Het al verskeie male in die omgewing vakansie gehou, en dit baie verfrissend beleef. Ideale omgewing om na besige jaar weg te kom en weer vars asem te skep in pragtige natuur. "