Verified Reviews
Carnarvon
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Carnarvon
Rated 3.8 out of 5 based on 215 reviews.
"Klein dorpie met nie veel om te doen, soos mens verwag. Ons het die museum besoek en dit was 'n goeie ondervinding. Die personeel baie vriendelik."
"Cannot see telescopes at all upon entering the town... disappointing. More investment needed."
"Klein Karoo dorpie. Nie veel om te doen nie, maar ideale oornag plek op jou reis."
"Ek dink Carnavon kan ontwikkel tot 'n top bestemming. Baie mense verkies stilte en rustigheid om weg te breek van die gejaag van die lewe."
"Wil graag ook die restaurant aanbeveel, die kos was baie smaakvol en pragtig voorgesit."
"I wish we had wide streets in Kempton Park like they have Carnavon. It has a museum."
"Het daar gebly vanaf 1975 tot 1979 - soos enige plattelandse dorpie is Carnarvon baie agteruit. "
"Egte vriendelike outydse Karoo-dorp met n bekoring soos mens net in die Karoo kan kry."
"Carnavon is nie 'n vakansiedorp nie, maar Loxton is wel 'n interessante plekkie om te besoek. "
"Ideaal geleë na 'n lang dag se ry. Hier en daar laat die kleure van die huise mens dink aan die Bo-Kaap."
"Carnarvon is 'n tipiese Karoodorp, maar met The Lord's Kitchen om by te eet en Lord Carnarvon Guesthouse om by te oornag is dit baie spesiaal. As jy hou van "the road less travelled", maak gerus hier 'n draai."
"Ons het nie deur Carnarvon gery nie maar wel deur Loxton. Laasgenoemde is 'n baie oulike dorpie. G'n wonder dis genomineer as Noord-Kaap se dorp van die jaar nie. My ster-toekenning bo is vir die streek en nie vir Carnarvon nie. Ons vorige minder goeie ervaring van Carnarvon het ons laat besluit om eerder deur Loxton te ry."
"So 'n lieflike ou dorpie, maar die pragtige geboue in die dorp word nie almal mooi onderhou nie."
"Tipiese Karoo - mens het baie meer tyd nodig want daar is té veel om te ontdek."
"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."