Geverifieerde Resensie
Calvinia
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Calvinia bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 498 resensies.
"Calvinia bestaan uit baie ou historiese geboue wat goed onderhou word. Die dorpie het genoeg winkels waar jy jou koskas weer kan aanvul. Daar is ook twee goeie restaurante om by te gaan eet."
"Dit is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik om omliggende plekke te besoek. "
"Ons vertrek nooit uit die dorp sonder om 'n lekker skaaplam te koop nie. Die smaak is net iets besonders. Calvinia sal maar altyd op my reisplan na die Noord-Kaap wees."
"Goeie plek om oor te slaap en 'n paar dinge te beskou: die ou kerk, ander geskiedkundige geboue en sommer ook die geskiedenis van die dorp."
"Calvinia was 'n besonderse ervaring, a.g.v. van die historiese bewaring van die ou huisies. Die Hantamhuis waar ons ontbyt geniet het, het sekerlik 'n baie interessante geskiedenis. Dit is 'n rustig-stil en pragige dorp en die rit oor die R364-bergpas was 'n ervaring. Die stilte van die Sederberge het my getref en ek het 'n pers blomtakkie, wat ek langs die pad gepluk het, op Leipoldt se graf gesit. Daar aan die voet van die Pakhuispas digby Clanwilliam, het ek weer opnuut respek gekry vir sy lieflike digkuns en hoe swaar hy gekry het in die tyd voor hy gesterf het. Ek het sommer 'n liedjie geskryf oor die Hantam-trippie van my toe ek terug was tuis. Dit moet wonderlik wees om 'n ruk lank daar op 'n plaas te kan bly en te skryf. Daar is dele van die Botterkloofpas se grondpad wat moeilik ry as jy net 'n gewone kar het en daar is lang dele sonder ontvangs met min voertuie wat verbyry. Ek het dikwels gestop - dit was Julie en die lug was skerpvars en koel. Heerlik. My dogter Liona moes werk doen op Calvinia, so ek het haar daar ontmoet en ons kon bietjie maar ook net weer vir 'n slaggie LekkeKuier en LekkeSlaap innie Kaap. Toe is ek terug Kaapstad toe en sy is terug Johannesburg toe. Al twee bekoor deur die Namakwadistrik van die grote Noord-Kaap en die verre Sederberge."
"Rustige plattelandse dorpie met baie besienswaardighede. Beveel dit aan as jy stilte vanaf die stadsgewoel soek."
"Try Alida's mutton pies, they are a winner! It's next to Caltex gas station in Hoop Street."
"'n Pragtige en goed-versorgde plattelandse dorp. Die historiese geboue is pragtig en word merkwaardig in stand gehou. Die museum en geesdriftige kuratrise is oook n besoek werd. Ek oorweeg dit om daar te gaan aftree! "
"Dit is so 4 tot 5 ure se ry van die Weskus . Maak dit deel van week se reis. Plattelandse gasvryheid ervaar."
"Die grondpad vanaf Calvinia na Sutherland was 'n bietjie rof gewees. Sal aanbeveel dat mens dit aanpak met 'n 4x4 eerder as 'n sedan-voertuig. Calvinia Museum was interessant, maar 'n mens kan sien dat verdere befondsing hulle baie sal help. Argitektuur deur Calvinia maak definitief vir 'n paar pragtige foto's."
"Interresante en skoon Karoodorpie met vriendelike mense. Alhoewel ons nie die ander eetplekke beproef het nie en hul dus nie kan oordeel nie, kan ons u tog aanbeveel om gerus 'n ete by Die Blou Nartjie Restaurant in te pas, hul burgers met bykosse was baie smaaklik en kan sterk aanbeveel word."
"Bigger centre, a launching place for Karoo activities - Tankwa, Bike Burn, Africa Burn, etc."
"Daar is nie baie om te doen in die dorp nie. Daar is wel lekker opsies vir uiteet. Dit is 'n lekker plek om oor te bly op pad na die Kgalagadi en wanneer jy gaan blomme kyk. "
"Dit is 'n prag dorp wat elke mens moet besoek. Die dorp is ongelooflik mooi."
"Vriendelike boeregemeenskap. Moeite werd om te oornag as jy op pad noorde toe is."