Verified Reviews
Breede River Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Breede River Valley
Rated 4.4 out of 5 based on 1216 reviews.
Worcester, Breede River Valley
Wykeham"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
Rawsonville, Breede River Valley
Die Damhuis"Die dorpie self is klein, maar dit is lekker naby baie dinge om te doen en te sien."
"Pragtige dorpie! Besoek ook die kerkie in die dorp, Montpelier, Saronsberg en die olyfplaas! "
"Tulbagh is 'n dorpie wat enige mens kan geniet en het die perfekte gevoel van 'n klein dorpie. Intieme plekke waar jy so verwelkom word, jy voel soos 'n inwoner. Besonderse mense en baie lekker wynplase in die area."
Rawsonville, Breede River Valley
La Bri Guest House"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."
Worcester, Breede River Valley
Linge Longa"Ongelooflike mooi omgewing en ideale wyntoerisme bestemming."
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "
"Dit is net ongelooflik mooi in die omgewing - met al die berge en wynlandgoed - dit is nou regtig hemel op aarde daar."
Rawsonville, Breede River Valley
La Bri Guest House"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."
"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."
"Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie."
"Eerste keer dat ons Tulbagh besoek het. Aangenaam verras met die vriendelike mense, pragtige besienswaardighede en geskiedenis van die dorp."
"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."
"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."
Worcester, Breede River Valley
Suné's Self Catering"Ons is al jare in en uit Worcester, baie lekker plek, ken elke hoek en draai uit ons kop! Partykeer net oorvol en besig. (Panorama is die stil deel.)"