Verified Reviews
Bovlei
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bovlei
Rated 4.8 out of 5 based on 33 reviews.
"Ek dink Wellington is sentraal geleë, naby baie aktiwiteite en het baie mooi uitsigte, hoewel ek op 'n sakereis was en nie aan enige aktiwiteite deelgeneem het nie."
"The gravel road added to the rustic feel of the place. We loved everything about it."
"Ja. Die Bovlei-area is nogal iets om te sien, die uitsig is pragtig tussen al die berge en daar is baie om te doen, veral vir wyn liefhebbers. "
"Dit is baie netjies en mooi. Ons het nie baie tyd hier spandeer nie, maar het die tydjie geniet."
"Sentraal geleë om die minder bekende wynlande te verken. Dagritte oor Bainskloof na Tulbagh en Ceres of na Riebeeck-Kasteel of Paarl is aanbeveel. Bovlei is 'n rustige en stil omgewing waar mens kan wegkom van die stadsgewoel. "
"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "
"Dit is 'n baie rustige bestemming. Daar is baie plekke binne ry-afstand om te besoek."
"As jy wil wynproe in die area moet jy Val Du Charron gaan besoek vir hulle Pinot Gris 2015. Jy sal nie spyt wees nie! Dit is ook 'n baie mooi wynplaas!"
"Bovlei is baie mooi. Doolhof en Diemersfontein se wyne is 'n moet vir 'n wynproe. As jy hou van "mountain biking", sal jy ook dit geniet om van die roetes daar te gaan uitry."