Geverifieerde Resensie
Betty's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Betty's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 362 resensies.
"Great for a scenic and quiet getaway, especially if you enjoy going for a short hike or walk through the town. The restaurants and cafés are great, but there isn't a lot to do just in town."
"Ons is mal oor Bettysbaai - stil en pragtige gebied. Beslis die plekkie om weg te kom van ons gejaagde lewe en net om rustig te wees. Daar is ander dorpies rondom, soos Hermanus, Kleinmond en vele meer om te besigtig."
"Daar was baie probleme met die krag die naweek, maar ons het nogsteeds baie lekker gebly en is mal oor Bettysbaai."
"Naby genoeg aan Kleinmond vir aankope. As jy wil wegkom van alles is die dorp ideaal."
"Bettiesbaai is die rustigheid self, die wandelpaaie, die restaurant op die strand, en 'n klipgooi vanaf Kleinmond."
"Die natuurskoon is ongelooflik en mens waardeer die ongereptheid daarvan en die skoon berglug. Besoeke aan die Botaniese Tuin en Pikkewynkolonie maak dit absoluut die moeite werd."
"Dis rustig en stil sonder rondlopers en boosdoeners wat wil kwaaddoen en ons het die vars, skoon seelug waardeer. Die plaaslike inwoners se sakelui is behulpsaam en vriendelik. Wil jy heerlike braaitjops oor die kole braai? Besoek gerus die plaaslike slaghuis op Bettysbaai. Hulle bied tamaaigroot karooskaaptjops met lekker vet uit Victoria-Wes asook tuisgemaakte boerewors aan. Dit was my bejaarde ma se verjaardag en toe die winkeleienaar dit gehoor het, het hy ons sommer 'n hele pakkie tuisgemaakte boerewors gratis gegee as my ma se verjaardaggeskenk! Nou waar kry jy sulke diens in die stad? Soek jy eenvoud en gerief gekombineer, rus en vrede en vars seelug vir 'n naweek, is Bettysbaai die plek vir jou."
"Bettiesbaai is 'n pragtige, stil dorpie met die mooiste wit strande, eenvoudig, maar gerieflik vir iemand wat na stilte smag, genoeg om te doen en genoeg om te sien."
"Still a lovely small, quiet seaside town with down-to-earth people that have managed to escape becoming too commercialised. Hopefully, it will remain this way."
"Dit is lekker sentraal en baie dorpe kan binne 50 tot 60 min bereik word. Dit is skoon en baie veilig."
"'n Rustige dorpie met pragtige plantegroei, maar maak jou reg vir winderige weerstoestande."
"Bettys Bay is a lovely vacation destination. The Harold Porter botanic garden is our favourite garden in South Africa, it has unspoiled fynbos and lovely walks. The area has a number of nice long mountain walks and shorter beach walks. The penguins are always fun to visit. These days there are some places to eat when one is not wanting to braai/cook."