Verified Reviews
Bethulie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bethulie
Rated 4 out of 5 based on 179 reviews.
"'n Besoek aan die Hennie Steyn-brug om die sonsondergang te beleef is 'n moet. 'n Besoek aan die konsentrasiekamp begraafplaas is baie hartseer. Die Ou Kar restaurant met sy smaaklike etes, billike pryse en lekker mense is 'n absolute positief."
"Bethulie het ryk geskiedenis en moet beslis besoek word. Die omgewing is rustig en baie mooi."
"Bethulie is 'n outentieke Karoodorpie vol sjarme en vriendelike mense. Sit dit op jou plattelandse emmerskop-lysie!"
"Stil dorpie, goed vir geskiedenis-liefhebbers. Word netjies gehou. Kuierplekke gewild onder die inwoners en reisigers. Sluit in by jou reisplan."
"Dit was ons eerste besoek aan Bethulie en ons het nie van die boogbrug oor die Oranjerivier geweet nie. Ook nie van die Kampkerkhof waar baie ouers en klein kindertjies in die konsentrasiekampe vir volk en vaderland gesterf het nie. Dit was wonderlik om dit te besoek. Ons moes egter soek vir aanwysings en moes vir iemand in die dorp die aanwysings vra."
"Bethulie is 'n baie oulike dorpie met baie geskiedenis. Regte boeregemeenskap wat gasvry is. Baie rustig en stil. "
"Paaie kort dringende opknapping! Goeie eetplekkies, oulike deli/slaghuis vir biltong en skaapvleis."
"Net een aand oorgeslaap, maar dink die pragtige omgewing het potensiaal as dit bemark word. Baie mense weet nie waar dit is nie. Ek sal graag terugkeer."
"Dit sou wonderlik gewees het om voor die tyd meer te geweet het van Bethulie se besieningswaardighede sodat ons tyd kon inruim om bietjie langer oor te bly en nog meer te kon sien. Aan die anderkant miskien kan ons nou 'n tweede keer daar 'n draai gaan maak. "
"Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis. "
"Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland."
"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."
"Meer reisigers behoort deur dorpe soos Bethulie en Philippolis te ry as 'n alternatiewe roete vir die N1. Kom raak stil en geniet hierdie dorpe oor 'n koppie koffie voor jy verder reis."
"Ons eerste besoek aan Bethulie - baie mooi rustige dorpie en die moeite werd om te besoek."
"Bethulie is 'n dorp vol ryk geskiedenis en interessante inwoners. 'n Bestemming vir reisigers wat belangstel in die verlede en kleurryke mense. "
"What a lovely, clean little village, filled with history and charm. WONDERFUL."
"Bethulie word al hoe meer ontdek en beset met nuwe inwoners. Dis in teenstelling met die agteruitgang van baie ander dorpies in die omgewing."
"Baie klein dorpie met 'n baie indrukwekkende brug wat die langste brug in SA is."