Verified Reviews
Bela-Bela
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bela-Bela
Rated 4.3 out of 5 based on 494 reviews.
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."
"Bela-Bela is toegerus met 'n verskydenheid restaurante om almal se sak te pas, 'n paar verskillende plekke vir kruideniersware koop en 'n straatmark vir dingetjies en datjies. "
"The place is friendly for visitors and is welcoming to everyone, irrespective of race or gender. "
"Daar is so baie dinge om te doen en dinge om te sien mens kan nooit genoeg in Bela-Bela kom nie. Dis beslis een van die plekke wat my 'n trotse Suid- Afrikaner maak. "
"A great place to visit as a tourist destination, the people in this part of the world are really friendly and the sights were spectacular."
"Verlang terug na die dae toe ek nog daar skoolgehou het - die rustigheid en skoonheid van die platteland!"
"Dit het 'n lieflike klimaat die tyd van die jaar en is naby geleë and Gauteng en Marble Hall."
"Bela-Bela is ver genoeg van die stad se geraas en gejaag en naby genoeg vir 'n naweek weg met met pragtige sonsondergange. "
"Dit is 'n klein dorpie, maar het darem alles wat jy nodig het vir 'n naweekwegbreek."
"Ons is baie lief vir die hele Waterbergomgewing behalwe Bela-Bela en die dorp self. Ons gaan eerder Modemole toe, want ons voel veiliger daar."
"Het nou nie te veel tyd in die dorp bestee nie, maar daar is baie plekkies in die omgewing om te gaan inloer."