Verified Reviews
Barberton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Barberton
Rated 4.2 out of 5 based on 82 reviews.
"Barberton is 'n uitstekende toeristebestemming, net baie baie jammer dat die persone verantwoordelik vir die onderhoud en herstel van die paaie glad nie hul werk doen nie. Paaie se onderhoud is pateties."
"Wat ons opgeval het is die netheid van die dorp. Min tot geen rommel het rondgelê in die strate."
"Baberton self is vir my nie toeristevriendelik nie. Die paar museums en Geo trail is basies al wat daar is. Eetplekke is ook onder verdenking en ons het uit gery na die Boskombuis om iets te eet."
"Baie besienswaardighede en beslis 'n besoek werd. Jammer die uitkykpunte op die "Geotrial" was met rommel bestrooi. "
"Die geo-reis roete met die R40 na Swaziland is heel interessant. Ongerep en met pragtige berge, klowe en passe."
"I had no idea what an interesting place this is. Especially if one is interested in geology and nature, as I am. Now I have to make this a real destination with time to explore properly."
"Moenie die Heritage Walk mis nie, dis geweldig interessant. Jy kan dit rustig op jou eie tyd doen. Onthou huise en museum sluit tussen 13:00 en 14:00."
"Ons was verbaas oor die dorpie Baberton, klein maar mooi skoon, wens ander plekke het ook so gelyk!"
"Eerste kuier daar, en het na die museum gaan kyk. Baie interesant, veral die goudmyne en ook die tronk."
"Was verbaas hoe naby Barberton aan Pretoria is - 3.5 ure teen normale ryspoed. Sal definitief die area bietjie meer wil verken!"
"Barberton has such a rich history of our mining years and lovely museums and are all well preserved. The Geotrail is also a big attraction, as well as the beautiful climate and plant life, Barberton is also not far from Nelspruit, Sabie and White river. Barberton is a lovely small lowveld town with a very rich history and worth exploring."
"Die dorpie is 'n ou myn dorpie, so mens moet met die regte verwagting hier eksploreer. Ons was aangenaam verras met die verskeidenheid aktiwiteite wat van kindsbeen tot ouer garde akkommodeer (en sakpas daarby). Daar is rerig iets vir almal om te doen. Enige jong geoloog se droom om te beleef, enige avontuurlustige se paradys. Wat hierdie ideaal maak vir kort besoeke is hoe naby geleë alle besdienswaardighede is, mens kan rerig in twee tot drie dae baie sien en doen. Barberton se aktiwiteite is op ons bucketlist, ons wil volgende keer sommer 'n week hier spandeer."
"Ongelooflike omgewing, maar die restaurante is beperk of adverteer net baie sleg. Die geologie roete het beïndruk en dit is werklik baie goed opgestel en uitgemerk. Die borde is van 'n hoë gehalte en insiggewend."