Windsong Cottage
- Kapasiteit: 3 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 19, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Windsong Cottage bied knus selfsorgverblyf in die prentjiemooi dorp Van Ribeeckstrand wat reg langs die gewilde Melkbosstrand geleë is. Dit is ideaal vir 'n vinnige kuswegbreek en is etlike treë vanaf die strand.
Die knus eenheid bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Hierdie area het ook 'n sonnige sitarea met 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n stoep met sitplek en braaigeriewe wat die ideale plek is vir 'n skemerkelkie. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Simona Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Strandweg 19, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Windsong Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 3 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 19, Van Riebeeckstrand, 7441, Wes-Kaap