Liewe Marisca, ek is baie jammer oor jou ongelukkige ervaring en die totale misverstand dat ek onbeskof was. Soos jy genoem het, was die sein swak en ek kon hoor dat jy haastig was. Daar was 'n brief in jou verwelkomingskoevert wat vir jou presies verduidelik waar jou kamer is. Jy het dit nie gesien toe jy jou sleutel gekry het nie. Waar dit die spinnekoppe betrek, kan ek net omverskoning vra. Ons is op 'n plaas en dankbaar dat ons in 'n gesonde ekologie en omgewing woon. Ons kyk wel vir spinnekoppe, maar ongelukkig glip sommige van tyd tot tyd deur, dit is maar net die plaas lewe. Met betrekking tot die steurnis, ek was heeltemal onbewus hiervan. Ons woon hier reg langs jou kamer en was totaal onbewus van die steurnis wat jy ervaar het. As jy ons gewaarsku het sou ons beslis ingegryp het en is net so jammer ons het nie daarvan geweet nie. Ek vertrou dat u ons nederigste verskonings sal aanvaar en weet dat u, ons gaste vir ons uiters belangrik is en ons neem u kommentaar baie ernstig op. Ons hoop dat julle 'n heerlike fees in ons omgewing gehad het en alles geniet het wat Witzenberg te bied he. Ons hoop dat jy weer sal kom vir 'n beter ervaring.