Whispering Hope Gasteplaas
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R398, Cypherwater Plaas, Richmond, 7090, Noord-Kaap
- Vanaf R840 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Whispering Hope Gasteplaas bied ontspannende selfsorgverblyf op 'n plaas in die Karoo, 40 km vanaf Richmond in die Noord-Kaap.
Verblyf is beskikbaar in die ruim Hoofplaashuis vir 8 of die Plaaskothuis vir 6. Die Hoofplaashuis beskik oor 4 slaapkamers met dubbel- en enkelbeddens. Die kamers deel 2 badkamers met 'n bad of stort. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die huis lei na 'n stoep met 'n pragtige uitsig oor die omgewing.
Die Plaaskothuis beskik oor 3 slaapkamers. Een kamer het 'n dubbelbed en die ander twee kamers het altwee, twee enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg, en die sitkamer het 'n kaggel. Troeteldiere is welkom, indien vooraf gereël.
Gaste is welkom om die plaas op hulle eie te verken, in die dam af te koel, of om saam met die eienaars deel te neem aan plaas aktiwiteite bv. diere voer, saam ry veld toe, ens. Die plaas is 7000 Ha, met baie ruimte vir stap en fietsry, asook verskeie plekke vir skemerkelkies of 'n braai in die veld. Die "quaint" dorpie Nieu Bethesda is 70km van die plaas af, perfek vir 'n lekker uitstappie. Vir diegene wat avontuurlustig voel is daar Kompasberg, die hoogste piek buite die Stormberg-Drakensberg reeks. Die berg is omring met pragtige natuurskoon en is net 66km van die plaas af.
Die plaas bied stilte, rustigheid en 'n vrede wat jy net in die Karoo kan ervaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anneen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Langs die R398, Cypherwater Plaas, Richmond, 7090, Noord-Kaap
- Gaste dink Whispering Hope Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bo-Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R398, Cypherwater Plaas, Richmond, 7090, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang