Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Uvongo Cabanas 2B

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 12:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colin-straat, Cabanas Kompleks B, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Uvongo Cabanas 2B is 'n selfsorgvakansiewoonstel wat ideaal geleë is in 'n veilige kompleks in die hartjie van Uvongo. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n wegbreek aan die Dolfynkus aangesien die woonstel lieflike see-uitsigte het.

Dié woonstel op die grondvloer bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ekstra vrieskas. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Boonop het hierdie spasie 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.

Buite is daar 'n lieflike sonnige patio met 'n piekniektafel en braaigeriewe. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike braaigeriewe asook veilige parkeerplek. Die ligging van hierdie kompleks is ongeveer 6 km vanaf winkelsentrums. Margate is 5 km weg, terwyl Shelley Beach 1 km ver is.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Antonie B
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker en naby alles. Veilig en het 'n mooi see-uitsig. Baie dankie, ons het ons tyd by 2 B Cabanas baie geniet. Lekker naby die see en loopafsta...
Sien meer
Sep 2024
Fia V
5.0
Sal enige tyd aanbeveel. Waarde vir geld en troeteldier vriendelik! Heerlike vakansieverblyf!
Sep 2024
Stephen P
Saam met lewensmaat
5.0
Veilige en gemaklike verblyf naby die see! Ons is vriendelik ontvang en die skoon woonstel het alles wat ons nodig gehad het. Ons het lekker gebly.
Sep 2024
Darren A
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful and excellent. Excellent and peaceful with a well-located unit.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Jacques B
Saam met vriende
3.8
Goed vir die prys. Dankie vir die verblyf. Kan julle asb. die fotos op die webwerf opdateer? Die ander dubbelbed is eintlik 'n stapelbed met 'n dubbel...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Henry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Colin-straat, Cabanas Kompleks B, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Uvongo Cabanas 2B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 12:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colin-straat, Cabanas Kompleks B, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5ec79f6ecc81a5c00d4b7ac3fdb448b4e7a6cd1af7634c956801e53aab1f3e55fded32459b64c2a9af04d662c404d2552a31?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 Colin Street Cabanas Complex B 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 10:00-12:00 10:00 -30.832874227168 30.397709459306

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang