Urban Elegance
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 128, A16, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Urban Elegance bied selfsorgvakansieverblyf in 'n veilige gebou wat in die hartjie van Kaapstad se middestad geleë is. Dit kan 'n ideale opsie wees vir óf 'n klein gesin óf toeriste wat die Moederstad wil verken.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers met 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n verwarmer en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea het groot skuifdeure wat oopmaak op 'n oulike balkon met gemaklike buitemeubels en 'n gasbraai wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl dit uitkyk oor die omliggende stad. Gaste het volle toegang tot die gebou se gemeenskaplike swembadarea.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Burger Geverifieer
Eiendomme 26
Resensies 118
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Strandstraat 128, A16, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Urban Elegance het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 128, A16, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap