Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Twelve on C

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crawford-singel 12, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Twelve on C bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Fichardt Park, Bloemfontein. Hierdie eiendom is ideaal geleë in 'n veilige area en is 'n kort entjie vanaf winkelsentrums en hospitale.

Hierdie eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 4 volwassenes en 2 kinders op 'n slag, want dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne, badhanddoeke en seep word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitkamer het 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n draagbare braai. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie huis is ongeveer 2 km vanaf Rosepark Hospitaal en plaaslike winkelsentrums en restaurante is ongeveer 3 km weg.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ellen P
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic! Friendly, clean and comfortable!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Liesl S
5.0
Silwer skoon, alles wat jy nodig het en beslis 'n blyplek om weer te besoek. Ons het heerlik gebly, en sal beslis van nou af elke keer hier bly!
Jan 2025
Nicola R
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig en gerieflik vir ons en ons honde. Ons het baie lekker gebly by julle huis. Dit is veilig en het alles wat jy nodig het. Die honde het ook welk...
Sien meer
Des 2024
Michael M
Gesin met tieners
5.0
Fantasties, fantasties, fantasties. Fantastiese verblyf, groot ruim eenheid met alles wat jy benodig. Ek sal beslis weer daar slaap.
Okt 2024
Ninke C
5.0
Fantastic! Fantastic! We had a lovely stay. It felt almost like being home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mariette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Crawford-singel 12, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Twelve on C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crawford-singel 12, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA06be1c0c0de31a09ab3b896184c8da8d3150a5a4f721c652eb1456c084df61ef84b55ecdf37d2e0076fb2858403ac91751ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 6 mense 27 5 1 5 12 Crawford Crescent Fichardt Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.141589224057 26.171850827613

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang