Thornlands Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Auge-straat 12, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Thornlands Cottage bied lieflike selfsorgvakansieverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Swellendam geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n naweekwegbreek saam met vriende en familie.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort, bad, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n privaat patio met 'n tafel en stoele waar gaste saans 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie kan geniet. Die ligging van hierdie eiendom is stapafstand vanaf plaaslike toeristebesienswaardighede en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Zylia Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Auge-straat 12, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Gaste dink Thornlands Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Swellendam Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Auge-straat 12, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang