Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Old Butler House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Breëstraat 53, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Old Butler House is 2 pragtige huise gebou in 1814 en 1840. Die 2 ou herehuise is langs mekaar geleë in die historiese deel van Nxuba (Cradock), elk met sy eie unieke geskiedenis.

Die 2 huise kan tot 16 gaste akkommodeer. Daar is 2 tuinrondawels met slaapplek vir 4 gaste en 'n tuinkothuis met slaapplek vir 3 gaste.

Die gastehuis se 11 en suite-kamers het elkeen 'n koninggrootte-bed, dubbelbed of enkelbeddens. Die kamers het koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskas, mikrogolfoond, vere- en bokhaar-duvets, 'n verwarmer, 'n waaier, 'n TV en gratis WiFi.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar met baie spasie vir sleepwaens.

Die tuin is groot en boomryk met 'n swembad en braaigeriewe vir gaste om te gebruik. 'n Wegneem-ontbyt of 'n aansit-ontbyt kan soggens op versoek bedien word. Ligte aandetes word ook bedien indien dit voor 13:00 op die inklokdatum bespreek is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 134 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Chris V
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker! Vriendelike en aangename mense. Wonderlike verblyf.
Jan 2025
Katie G
Saam met vriende
5.0
Gerieflike verblyf. Riana was baie gasvry en het uit haar pad gegaan om ons verblyf gerieflik te maak. Baie mooi kamers. Sal The Old Butler House vir ...
Sien meer
Des 2024
Mirna N
Gesin met klein kinders
5.0
Goeie rus vir 'n moeë reisiger in 'n rustige pragtige verblyfplek. Pragtige oorslaapplek.
Des 2024
Giel O
Saam met lewensmaat
5.0
Soos bo. Baie aangenaam, goed ontvang, voel veilig en voertuig ook veilig, skoon en netjies.
Nov 2024
Jacques S
5.0
Lekker gekuier, dankie sal weer kom. Alles was reg, skoon, netjies ens.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Riana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 134

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Breëstraat 53, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Old Butler House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Breëstraat 53, Cradock, 5880, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbd7ac42501fc675edc5e2888b412a7c08cc16b9caf58e6ee4b255103159d085215d5bb348b880173b005bfc90f6f10e790b1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 134 5 1 5 53 Breë Street Cradock 5880 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.172896462681 25.616655885861

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang