Stokkies Draai Gastehuis
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Hotazel- en Deben-weg, R380, Kathu, 8446, Noord-Kaap
- Vanaf R1 299 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Stokkies Draai is 'n idilliese gastehuis 14 km buite die Noord-Kaapse dorpie Kathu. Dit bied gehalteverblyf vir sakereisigers en oornaggaste.
Die gastehuis beskik oor 9 slaapkamers wat elk 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Daar is 7 slaapkamers met 'n dubbelbed en 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed in elk.
Elke slaapkamer spog met 'n privaat, en suite-badkamer asook koffie- en teemaakgeriewe. Ander kenmerke sluit lugversorging, DStv, gratis WiFi en 'n privaat ingang in. Die dubbelslaapkamer, en suite-badkamers het elkeen 'n stort, toilet en wasbak, en die koninggrootte-slaapkamer se badkamers het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Gaste het toegang tot 'n sprankelende swembad vir daardie warm somersdae. Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.
Die gastehuis is ongeveer 3 km vanaf die Sishen-lughawe, op die R380. Daar is 'n helikopterlandingsplek op die perseel. Dit is ook sentraal geleë naby talle myne in die area.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Henko Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Hoek van Hotazel- en Deben-weg, R380, Kathu, 8446, Noord-Kaap
- Gaste dink Stokkies Draai Gastehuis het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kathu Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Hotazel- en Deben-weg, R380, Kathu, 8446, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang