Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Soloko Wildplaas

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 73 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5,8 km vanaf die R62, Soloko Wildplaas, 20 km vanaf Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Soloko Wildplaas bied gerieflike, begrotingsvriendelike en gehalteverblyf op 'n wildplaas geleë in die skadu van die Zuuranysberge sowat 20 km vanaf Kareedouw in die Baviaanskloof-streek.

Dié eiendom bied gaste 'n verskeidenheid selfsorg-opsies soos 8 klip-chalets, 6 hout-chalets, 'n huis met slaapplek vir 12 asook 3 en suite-gastekamers. Die klipchalets het elk slaapplek vir 3 gaste, die houthuisies het elk 'n kapasiteit van 2 gaste en die gastekamers het elk slaapplek vir 2 gaste. Al die chalets en die gastekamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die klip-chalets maak almal gebruik van 'n gedeelde kombuis en boma, terwyl die hout-chalets en die gastekamers elk 'n kombuisie het wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware. Die huis met slaapplek vir 12 het 'n leefarea met 'n sitkamer, 'n TV en 'n volledig toegeruste kombuis. Dié eenheid het ook 'n onderdakstoep met privaat braaigeriewe.

Die lodge beskik oor 'n buiteswembadarea met gemeenskaplike braaigeriewe, buitesitplek en 'n oerwoudgimnasium vir kinders. Die plaas is die tuiste van 'n groot verskeidenheid wild, insluitend kameelperde, rooibokke, sebras, njalas, rooihartbeeste, blesbokke, blouwildebeeste, vlakvarke en vele meer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Jaco E
Saam met lewensmaat
4.8
Lekker rus en wegbreek. Ons het baie lekker gebly. Dit was so lekker om wild van naby te sien. Die Nyalas het om ons eenheid gewy.
Feb 2025
Hein D
Gesin met klein kinders
4.8
Baie lekker en rustig! Soloko Wildplaas was 'n lekker wegbreek en sal vir seker weer besoek.
Jan 2025
Esme K
4.8
Fantasties. Baie lekker. Schalk gaan uit sy pad vir gaste. Ons het die groot huis met sy braai en swembad terdeë geniet. En die kinders het die diere ...
Sien meer
Des 2024
Teresa A
Saam met lewensmaat
4.8
Loved watching the game (nyalas) walking past from where we stayed. Nice wooden cabin, relaxed atmosphere, ideal for families with chil...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Peter G
Saam met lewensmaat
4.6
N lekke (slaap) tyd weg van die stad se gedruis. Kuier was baie lekker. Schalk en Denise was baie behulpsaam en gasvry. Schalk Jr is sy ouers se regte...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Graeme Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 5,8 km vanaf die R62, Soloko Wildplaas, 20 km vanaf Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
  • Gaste dink Soloko Wildplaas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Baviaanskloof Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 73 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5,8 km vanaf die R62, Soloko Wildplaas, 20 km vanaf Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0a93db3c893606633dd2c6356342e48a36cc41c43d1424c4f79b6e50d7339e9d7e16bde174ca9df32f36a5f179bae6f95a8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 5.8 km from the R62 Soloko Wildplaas 6400 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.928882399326 24.399089414246

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang