Skilpadvlei Wine Estate
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die M12 Polkadraaipad, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
- Vanaf R1 980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Skilpadvlei Wine Estate bied B&B- en selfsorgverblyf op 'n privaat wynlandgoed in die Kaapse Wynlandstreek. Die historiese landgoed is die ideale basis vanwaar gaste die omliggende besienswaardighede kan verken.
Verblyf word in verskeie gerieflike kamers en chalets aangebied, wat elkeen tussen 2 en 6 gaste kan akkommodeer. Al die gastekamers is in die herehuis geleë en elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Elke chalet het 'n oopplan-leefarea óf aparte slaapkamers, 'n privaat badkamer, 'n goed toegeruste kombuisie, 'n oopplan-leefarea en 'n privaat stoep met braaigeriewe. Gaste in die chalets het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad.
Vir diegene wat ontbyt bespreek het of sommer nie lus is vir kook nie, word ontbyt in die restaurant bedien, waar ander heerlike maaltye teen 'n ekstra koste bestel kan word. Die landgoed spog met 'n wynproe-lokaal, konferensiegeriewe om te huur en veilige parkeerplek.
Skilpadvlei Wine Estate is sowat 27 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en minder as 9 km vanaf Stellenbosch se middedorp geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Berenise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Langs die M12 Polkadraaipad, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
- Gaste dink Skilpadvlei Wine Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die M12 Polkadraaipad, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang