Skaapkraal
Beskrywing
Die knus selfsorg woonstel bied slaapplek aan 2 gaste. Die kamer is knap, maar is gemaklik toegerus met ‘n dubbelbed. Die oopplan-leefarea het sitplek, 'n 2 sitplek etenstafel en kombuistoonbank met wasbakkie. Verder is daar ‘n ketel, mikrogolfoond, yskas/vrieskas en enkelplaat stofie. Die woonstel is ideaal vir gaste wat slegs akkomodasie benodig om te benut as slaapplek of om saam met die huis gehuur te word vir gaste wat meer privaatheid verlang. Daar is nie ‘n TV nie., maar wel Wi-Fi Daar is nie direkte toegang tot die huis nie - dit word deur die waskamer en motorhuis geskei. (Gaste het nie toegang tot hierdie areas nie.) Beddegoed en handdoeke word voorsien en WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eiendom maak gebruik van ‘’n self-inklokstelsel met n sleutelboksie Verder is daar ook 'n afdak stoep met semi see-uitsigte.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Prys sluit in
Selfsorg.
Huisreëls
Die Skaapkraal en Lamkampie is diere vriendelik op versoek.
Alhoewel 'n ekstra skoonmaakfooi nie gehef sal word nie, word gaste vriendelik versoek om die eenheid in 'n netjiese toestand te los, soortgelyk aan die toestand met aankoms. Ons heg baie waarde daaraan wanneer gaste ons versoek ter harte neem. Dit is altyd lekker om opbouende terugvoer op LekkeSlaap te gee.
Kansellasiebeleid - Gaaf
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Skaapkraal is 'n selfsorgvakansiehuis met aparte woonstel (Lamkampie) by die ikoniese Blousloep van Franskraal. Die huis straal die bekoring van 'n ou era uit en bied 'n rustige en gerieflike wegbreekplek aan gesinne en vriende. Die huis is een van die eerste huise wat in die area gebou is en het destyds nog met gas gewerk. Die huis het ‘n ryk en sentimentele geskiedenis van familie kuiers en spesiale herhinneringe. Die huis en woonstel kan apart of saam bespreek word. Die huis bied slaapplek aan 6 gaste, maar kan 8- 10 gaste akkommodeer op versoek(4 volwassenes en 6 kinders) en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die huis se oopplan-leefarea bied gemaklike sitplek, ‘n 8 sitplek etenstafel en 'n ingeboude braai met wasbakkie langsaan. Daar is braaigeriewe agter in die tuin. Die voorstoep het ‘n asemrowende see-uitsig en daar is ‘n gemaklike “daybed” om uit te dra. Die selfsorg kombuis is ‘n heerlike kuierplek aan die agterkant van die huis waar die tuin braaigerief ook is. Daar is ‘n gas stoof/oond, skottelgoedwasser, mikrogolf en gesellige 6 sitplektafel. Beddegoed en handdoeke word voorsien en WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eiendom maak gebruik van ‘’n self-inklokstelsel met n sleutelboksie Die see is net oorkant die straat. Blousloep is 'n ideale bestemming vir kajak vaar, roeiski en om sommer net op 'n tjoep te dryf. Skaapkraal is gerieflik naby die see gelee wat dit die die ideale bestemming vir ‘n rustige wegbreek maak.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 1
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Reëls & veiligheid
Slaapkamer & wassery
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Die Skaapkraal en Lamkampie is diere vriendelik op versoek.
Alhoewel 'n ekstra skoonmaakfooi nie gehef sal word nie, word gaste vriendelik versoek om die eenheid in 'n netjiese toestand te los, soortgelyk aan die toestand met aankoms. Ons heg baie waarde daaraan wanneer gaste ons versoek ter harte neem. Dit is altyd lekker om opbouende terugvoer op LekkeSlaap te gee.
Kansellasiebeleid - Gaaf
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 48 uur voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 48 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sea View-rylaan 67, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang