Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shark Cove

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Mrt 2025 tot 8 Apr 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shark Cove is in die stil, klein kusdorpie Van Dyksbaai, 200 m vanaf die strand en 500 m vanaf Kleinbaai se hawe geleë. Nie die huis of die kothuis het 'n direkte see-uitsig nie.

Verblyf word gebied in 2 selfsorg-eenhede genaamd Shark Cove Little Cottage en Shark Cove House.

Shark Cove House is baie ruim en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 driekwartbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort en toilet. Die leefarea het 'n slaapbank wat geskik is vir 2 kinders. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met breekware, eetgerei, glase, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, en etenstafel met stoele. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die ruim leef- en sitarea het 'n binnebraai, 'n TV met DStv Compact Plus, en 'n studeertafel. Daar is ook onbeperkte Wi-Fi. Aan die agterkant is daar 'n stoeptafel en stoele met 'n braai. Die eenheid het 'n toesluitbare motorafdak en aan die linkerkant van die huis is daar ekstra parkeerplek vir nog 'n voertuig. In totaal kan slegs 6 gaste (kinders ingesluit) geakkommodeer word.

Shark Cove Little Cottage het slaapplek vir net 2 en is 'n stylvol versierde kamer. Dié klein gastekamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n badkamer met 'n stort. Die kamer is ook toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, broodrooster, 'n yskassie, breekware en eetgerei. Badhanddoeke word voorsien. Neem asseblief kennis dat geen TV, braai of kookgeriewe beskikbaar is nie. WiFi is beskikbaar.

Beide eenhede kan as 'n geheel bespreek word en dit het slaapplek vir 8 gaste (kinders ingesluit) dan.

Geen troeteldiere word by die eiendom toegelaat nie.

Haaiduik en walviskyk-aktiwiteite is in die omliggende area geleë. Die wêreldbekende Shark Alley, wat spesialiseer in Great White Shark-ekspedisies is naby. Toere rondom Dyer Island, Geyser Rock is ook baie gewild.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Baie goed

Netheid
4.9
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Coleen F
Saam met vriende
5.0
Lekker in rustige omgewing. Huis is lekker ruim en netjies en goed toegerus. Sal definitief dit weer gebruik.
Jan 2025
Collin J
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was van top gehalte en die prys was reg. Weereens baie dankie. Hi, jammer vir die ongerief dat ek nie laat laat weet het nie, maar ons sal beslis ...
Sien meer
Mei 2024
Anne H
Saam met lewensmaat
5.0
Kort maar lekker. Baie lekker en netjies. Sal definitief weer daar bly.
Apr 2024
Gideon O
Gesin met klein kinders
4.6
Baie rustig gewees en al die nodige toerusting was beskikbaar. Baie lekker en stil gewees.
Jan 2025
Abrie V
Saam met lewensmaat
4.6
Kleinbaai en omgewing is baie interessant. Ons het heerlik gebly by Shark Cove huis. Die binnebraai was 'n wenner!
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 111

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shark Cove het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
R 750 R 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
R 750 R 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdf4845b86d5bf4a5f7dd483b871f48c7a229e29f15b44aa2dc2f4db54eec6f227d28fecd73bafc191850a34e82dfaab40aef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R750 nouVanaf R600 per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 4 Du Toit Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.612846538787 19.358544674453

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang