Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sedgefield Lagoon Log Cabin

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fish Eagle-straat 7, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 130 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Gerieflike vakansiehuis met strandmeer en see-uitsigte, geleë in die kusdorpie Sedgefield. Ideaal vir 'n naweek- of vakansiewegbreek saam met familie en vriende.

Dié dubbelverdiepinghouthuis is gerieflik versier en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Op die boonste verdieping is 2 slaapkamers wat 'n badkamer met bad en stort deel. Die hoofslaapkamer is op die grondvloer geleë en het 'n en suite-badkamer met slegs 'n bad. Die tweede slaapkamer op die grondvloer het 'n aangrensende badkamer wat slegs met 'n stort toegerus is. Al die slaapkamers is toegerus met dubbelbeddens.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is goed toegerus om maaltye voor te berei en te kook. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Die sitarea het gemaklike banke, antrasietverwarmer en daar is 'n TV met DStv-kanale beskikbaar op versoek en 'n DVD-speler. Skuifdeure in die leefarea maak oop op 'n houtdek met buitemeubels en braaigeriewe. Die huis het 'n alarm en gewapende reaksie asook 'n klein kluis.

'n Verskeidenheid doendinge in die area, insluitend voetslaan, visvang, fietsry, vlieërbranderry, valskermsweef, voëlkyk, gholf en watersport. Die eiendom is stapafstand van die strandmeer en strand af. Restaurante, winkels en banke naby. Neem asseblief kennis dat ons nie troeteldiervriendelik is nie.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.1

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Anna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Fish Eagle-straat 7, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sedgefield Lagoon Log Cabin het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 130
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 2 130
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fish Eagle-straat 7, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c2ec9f5a02331a5c0cc0883881b9ebc4df739f432a5228599e49ad3d38ff9f299afc91fd70edfcf22b912c302b31db88824?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 130 per nag (plek vir 8) 18 5 1 5 7 Fish Eagle Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.024009488647 22.804865241051

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang