Sea Spray A410
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 1, Sea Spray A410, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sea Spray A410 is 'n pragtig versierde selfsorgwoonstel in 'n veilige woonstelgebou in Bloubergstrand. Dit spog met panoramiese uitsigte oor die see en Tafelberg in die agtergrond, wat dit 'n wonderlike opsie maak vir 'n naweekwegbreek.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Verder is daar 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Daar is ook 'n sitarea en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeure is daar 'n balkon met sitplek wat 'n ideale plek is vir gaste om die Atlantiese uitsigte ten volle te bewonder met 'n skemerkelkie. Alle gaste het toegang tot die kompleks se gemeenskaplike verhitte swembadarea met gedeelde braaigeriewe en sonstoele.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 727
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Marinerylaan 1, Sea Spray A410, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Spray A410 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 1, Sea Spray A410, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap