Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Salt Life

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bendigo-weg 26, Southport, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 250 R938 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Salt Life is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Southport, Port Shepstone, sowat 700 m vanaf die Southport Blouvlagstrand en Captains Anchor-restaurant, wat dit 'n ideale opsie maak vir 'n gesin of groep vriende.

Dié eiendom bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n gastetoilet. Die eerste en tweede slaapkamers is gerieflik ingerig met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 driekwartbeddens omskep kan word. Die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer is toegerus met beide 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die huis beskik oor 'n goed toegeruste kombuis wat 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, eetgerei, breekware en yskas-vrieskas insluit. Die sitkamer en eetarea het gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan en spog ook met 'n binnenshuise kaggel. Vir gaste se vermaak is 'n TV met DStv-kanale en toegang tot gratis WiFi beskikbaar.

Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe waar gaste die natuur se rustigheid met gedeeltelike see-uitsigte en die geluid van donderende branders in die agtergrond kan geniet. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel en sal nie deur krag- of wateronderbrekings geraak word nie, aangesien hierdie eiendom sonkrag en 'n 5000L watertenk het.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

2.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
4.0
Ligging
1.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

2.8/5

Eugene Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Bendigo-weg 26, Southport, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
R 1 250 R 938
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 250
R 1 250 R 938
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bendigo-weg 26, Southport, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7c15fede53196617f5fb63f21b4ffebb261e98f79ff170c5de86189fd2db3bd92fdb882f3ff8ff9158034a84ab2369dd703?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R938 per nag (plek vir 6) 1 5 1 3 26 Bendigo Road Southport 4230 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.674653323681 30.503943346661

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang