Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rudy's

Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretoriusstraat 28, Meyerton, 1961, Gauteng
  • Vanaf R790 R514 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rudy's is 'n selfsorggastehuis in die klein dorpie Meyerton, 50 km vanaf Johannesburg. Rudy's bied 'n verskeidenheid dienste en geriewe, asook hartlike gasvryheid.

Gerieflike verblyf word gebied in 2 eenslaapkamerkothuise en 3 gastekamers. Elke kamer en kothuis is smaakvol gemeubileer. Elke kothuis het sy badkamer en is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mini-kombuis en opwasarea, 'n gasstoof, 'n sitarea, 'n TV met Netflix, en lugversorging. Gaste in die kothuise het toegang tot 'n gemeenskaplike braai- en vermaakarea.

Elke gastekamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, en is toegerus met 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n waaier, 'n TV met Netflix en Youtube, en WiFi is beskikbaar. Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Die gastehuis gebruik sonkrag om ons gaste se ervaring 'n bietjie meer gemaklik te maak, en ons vra hulle net om dit verstandig te gebruik.

Rudy's bied 'n swembad en braaigeriewe, 'n vermaakarea met 'n pooltafel, en 'n bioskoopkamer vir ontspanne ou fliekaande. ’n Pendeldiens vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe of Lanseria Internasionale Lughawe kan op versoek gereël word teen 'n ekstra koste. Etes kan ook vooraf gereël word op versoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Russell N
Saam met lewensmaat
5.0
Exceptional hosts; great value! We spent a week at Rudy’s, and were honestly a bit sad to leave. Rudy and Jannie are terrific hosts, an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Pieter P
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was heerlik en baie rustig. Baie dankie vir die gasvryheid. Ons het lekker gebly.
Jan 2025
Christo P
Saam met lewensmaat
5.0
Jy bly soos VIP. Uitstekende ontvangs. Geleë in stil area. Daar is so baie om te noem wat perfek was. Kos, skoon en baie netjiese kamers. Die cinema a...
Sien meer
Des 2024
Juanita B
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome gasheer, pragtige en netjiese verblyf, sal vir seker aanbeveel. Rudy was 'n awesome gasheer, voorwaar tuis gevoel. Pragtige eenheid - net soos...
Sien meer
Des 2024
Rodney A
Saam met lewensmaat
5.0
Magnificent. Thank you for an amazing stay. Your attention to detail and to our comfort was impeccable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rudi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Pretoriusstraat 28, Meyerton, 1961, Gauteng
  • Gaste dink Rudy's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Meyerton Gauteng
Vanaf R790
R 790 R 514
per nag (plek vir 2)
Vanaf R790
R 790 R 514
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretoriusstraat 28, Meyerton, 1961, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc6e9ece40c9a8f5ee2c1324f419cabe08ebaebd849809d698ad062094070cf879e60e71c0dac15b5e633750eac782006656d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R790 nouVanaf R514 per nag (plek vir 2) 56 5 1 5 28 Pretorius Street Meyerton 1961 Gauteng 021 201 8901 13:00-22:00 10:00 -26.569984192563 28.021362053373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang