Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rondekuil Estates

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanshoogte Pad, Durbanville, Kaapstad, 7551, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rondekuil Estates is 10 minute se ry vanaf Durbanville en 25 minute se ry vanaf die hartjie van Kaapstad geleë. Rondekuil is tussen golwende heuwels geleë en het asemrowende uitsigte oor die Bolandse berge en Tafelberg.

Rondekuil Estates bestaan uit 10 aparte eenhede wat privaatheid en gerieflike verblyf vir gaste bied. Daar is 5 Country Lodge-eenhede, 2 Ou Plaashuise, 2 Leeulaagte-kothuise en 1 Rondawel. Country Lodge 1 het 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer, en 'n groot, oopplan-kombuis, 'n sitkamer en eetarea. Dit het grasdakplafonne en die vloere is geteël. Daar is ook 'n knus kaggel vir gaste om op daardie koue winterdae en -nagte te geniet. Hierdie eenheid het ook 'n balkon met pragtige uitsigte oor die wingerde. Dit het 'n omheinde grasperk aan die agterkant vir kinders om in te speel en om troeteldiere aan te hou. Country Lodge 2, 3, 4 en 5 het elk 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Al die eenhede het patio's met pragtige uitsigte.

Die Ou Plaashuis 1 is in 2 ruim kamers verdeel. Daar is 'n patio met uitsigte oor die tuine en die landerye. Hierdie woonstelle, wat ook troeteldiervriendelik is, word normaalweg vir medium tot lang tydperke verhuur, maar is ook beskikbaar vir korttermynverblyf. Old Farmhouse 2 is ingerig met 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n stort, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer. Die eenheid het 'n voortuin waar gaste op gemakstoele kan ontspan en toegang tot braaigeriewe het.

Leeulaagte beskik oor 2 huise in Kaaps-koloniale styl, elk met 'n ruim patio waar gaste kan ontspan terwyl hulle pragtige uitsigte oor die swembad, dam, tuin, landerye en die rivier geniet. Elke huis beskik oor 2 slaapkamers met 'n en suite-badkamer in elk. Die kombuis is versier met granietblaaie en is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, binnebraai, tweeplaatstoof, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Tussen die 2 huise is daar 'n beskutte braai en swembadarea.

Die Rondawel is in 'n Afrika-tema versier en kan tot 6 persone op 'n slag akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander 2 slaapkamers deel 'n gesinsbadkamer. Dit het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea asook 'n koelkamer op 'n mezzanine-vloer waar gaste kan ontspan.

Bykomende geriewe dienste en geriewe sluit daaglikse skoonmaak van die eenhede, TV's met DStv en gratis WiFi vir alle gaste in. Die konferensiegeriewe kan tot 180 gaste akkommodeer, ideaal vir klein troues, partytjies of spanbou.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Ardi C
Saam met lewensmaat
5.0
All-round great little place to stay at. Lovely place. I only wish I had taken the bigger cabin.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Antionette E
Besigheidsreis
5.0
Farm joy. Enjoyed hospitality, friendly, helpful, caring.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Dean S
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning. We had an amazing stay. The hospitality is great, the place is neat and clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Stehan V
Saam met vriende
5.0
Perfect, great view! Did not actually spend a lot of time in the venue, we had a wedding nearby. But very nice stay, would 100% recomme...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Chantelle B
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful place, friendly staff, good service. Everyone, including the staff, was super friendly and helpful with super quick responses...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Richard Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Malanshoogte Pad, Durbanville, Kaapstad, 7551, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rondekuil Estates het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanshoogte Pad, Durbanville, Kaapstad, 7551, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa19f3eafe937cb778c8a84ac7e15629948eb4e6d348b4c48ffd64e03ac498876fb8169c821da782abffca69e67edf324159d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 37 5 1 5 Malanshoogte Road Durbanville 7551 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.734432652751 18.611203079224

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang